Meatco: Moenie substandaard boeliebief herverkoop
Ronelle RademeyerDie Namibiese vleisverwerker Meatco waarsku die substandaard geblikte boeliebief wat hy tans aan sy personeel, boereverenigings en die publiek teen ‘n spotgoedkoop prys verkoop en waarvan 25 000 blikkies ook as Covid-19-voedselhulp geskenk is, mag nie herverkoop word nie.
Dié produkte is deur die Namibië Instituut vir Standaarde (NSI) afgekeer omdat daar fout is met die blikkies. Die inhoud is wel veilig vir gebruik en die NSI het bepaal dit mag vir ses maande lank vir eie gebruik aangewend word. Dit mag egter nie herverkoop word nie.
Meatco sê in ‘n verklaring hy het op 23 April altesaam 25 000 blikkies van dié vleis aan die Khomas streeksraad geskenk. Die etiket dui duidelik aan: “Covid-19 Support and not for re-sale”.
Die etiket op die blikkies wat teen ‘n bedrag van N$58 vir ‘n sespak (N$9,60 per blikkie) verkoop word, lees: “Plain Sub Standard Corned Meat”.
Me. Rosa Thobias, senior bestuurder vir openbare betrekkinge en kommunikasie by Meatco, sê die vleisverwerker is in kennis gestel die blikkies boeliebief is op die rakke van ‘n snoepwinkel in Havana opgemerk. “Ons is in kennis gestel die gemeenskapspolisie was onder die indruk dit is droogtehulpprodukte wat aan mense uitgedeel is en wat nou verkoop word.”
Volgens Thobias wil dit voorkom dit was blikkies uit die geskenkte Covid-19-voorraad wat herverkoop is.
Sy sê sowat 750 000 blikkies is afgekeur, maar die oorgrote meerderheid is aan boereverenigings beskikbaar gestel om as rantsoene te versprei. Verder kon werknemers van Meatco dit koop en ‘n klein voorraad word ook by Meatco se fabriekswinkel aan die publiek verkoop, sê Thobias.
Volgens haar het Meatco besluit om nie die produkte tot niet te maak nie, aangesien baie mense tans swaar kry. Sy sê daar is besluit om dit vir goedkoop te verkoop, met die voorwaarde dat mense nie daarmee mag handel dryf nie.
Foto's: Meatco

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie