McKinsey: Ons sal betaal as hof so sê
McKinsey sê hy sal die R1 miljard wat hy as betaling van Eskom ontvang het, terugbetaal as ’n hof bevind hy het onwettig opgetree.
Eskom het Donderdag gesê hy wil hê McKinsey en Trillian – wat bande met die Gupta-familie het – moet onderskeidelik R1 miljard en R564 miljoen terugbetaal.
Eskom sê dit “lyk asof die vergoeding in 2016 en 2017 onwettig betaal is”.
Die kragvoorsiener sê hy het briewe aan albei maatskappye gestuur waarin “verduidelik word watter stappe gedoen gaan word”.
Hulle is versoek om hul samewerking te gee.
Eskom is sedert 2005 een van McKinsey se kliënte.
McKinsey sê in ’n verklaring hy het vertroue in die werk wat hy vir Eskom gedoen het.
“Ons glo die werk wat ons vir die omkeerprogram gedoen het, het aansienlike waarde geskep.
“Dit het onder meer gehelp om bedryfsprestasie en beskikbaarheid van kragstasies te verbeter. Dit het eise van kontrakteurs wat op die nuwe bouprogram werk, verminder.”
Die konsultantegroep sê Eskom het hom ingelig hy meen daar is nie aan verkrygingsprosedures voldoen toe die kontrak gesluit is nie. Besluite wat oor die kontrak geneem is, is moontlik sonder die nodige magtiging gedoen.
“Hierdie vereistes is slegs Eskom se verantwoordelikheid.
“McKinsey het die kontrak gesluit en werk in goeie trou gelewer.”
Hy sê sy kontrak vir die omkeerprogram is deur Eskom goedgekeur.
“Dit het uitdruklik vereis dat Eskom die nodige goedkeuring soos in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur uiteengesit word, moet verkry.
“Eskom het op 5 Februarie 2016 gesê hy het goedkeuring van die nasionale tesourie ontvang.
“Ons het op 9 Februarie 2016 die notule van Eskom se bestuurskomitee wat dit bevestig, ontvang.
“Eskom sê nou die kontrak is nie geldig nie omdat hy nie die nodige goedkeuring ontvang het nie.
“Ons wil hierdie kwessie uitsorteer. Ons het geen belang daarby om voordeel uit ’n beweerde ongeldige kontrak te trek nie.”
McKinsey sê hy steun ’n hersiening van die kontrak deur die hooggeregshof om aan Suid-Afrikaners te bewys dit is geldig.
“Ons nooi Eskom en Trillian uit om ook aan die proses deel te neem.
“Ons beplan om die volle bedrag wat McKinsey vir die omkeerprogam verdien het, in ’n aparte rekening opsy te sit tot die hof besluit het wat daarmee moet gebeur.” – Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie