MC Mining: Beleggers hou van nuus oor Makhado
MC Mining: Beleggers hou van nuus oor Makhado

MC Mining: Beleggers hou van nuus oor Makhado

MC Mining (voorheen Coal of Africa Limited) se aandeelprys het Maandag met 11,6% gestyg tot net onder R14 nadat sy filiaal Boabab Mining & Exploration aangekondig het dat die verkryging van die Lukin- en Salaita-eiendom vir sy Makhado-steenkoolmyn afgehandel is.

Die maatskappy het op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê die laaste twee eiendomme wat hy vir Makhado nodig gehad het, is teen R70 miljoen verkry, waarvan die helfte reeds uit sy lopende kontantvloei betaal is.

Sedert MC Mining op 15 November aangekondig het dat hy besig is om dié eiendomme aan te skaf, het sy aandeelprys al verdriedubbel.

MC Mining wil van Makhado een van Limpopo se grootste kooks- en termiese-steenkoolprojekte maak. Hy mik na produksie van sowat 1,7 miljoen ton steenkool per jaar.

’n Groot deel van dié steenkool sal ook plaaslik verkoop word, berig iol.co.za.

MC Mining sê in die verklaring die finale geotegniese boorwerk en verwante navorsing om te bepaal waar die myn se infrastruktuur moet wees, kan nou voortgaan.

MC Mining sê die ooreenkoms was onderhewig aan goedkeuring deur Limpopo se streekgrondeisekommissaris, wat nie beswaar gehad het nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A