Mboma staan in niemand se skadu
Atletiek Namibië se eerste Grand Prix het onverwags 'n ware wêreldklas vertoning opgelewer.
Iréne-Mari van der Walt en Andrew Poolman – Die tienerjarige Christine Mboma het vir verreweg die beste prestasie gesorg by die eerste van Atletiek Namibië (AN) en Coca-Cola se vier Grand Prix-byeenkomste wat Saterdagoggend by die Vineta-stadion op Swakopmund gehou is.
Mboma se wentyd in die 400 meter (51.54 sekondes) oortref die 51.61 sekondes van Australië se Ethiopies gebore naelloper Bendere Oboya as die vinnigste tyd deur enige senior vrou ter wêreld sedert die begin van die kalenderjaar 2021.
Die beskeie 17-jarige skolier van Agri Kollege op Grootfontein se prestasie om 'n wêreldseisoenbeste op Namibiese bodem te hardloop, het kenners van geskiedenis laat kopkrap of enige landgenoot al ooit tevore so 'n prestasie behaal het.
Dit is reeds welbekend dat haar skoolmaat Beatrice Masilingi verlede jaar óók die vinnigste 400 deur enige vrou ter wêreld (senior, o.20 én o.18) genael het toe sy in die Tuks-stadion in Pretoria met 'n 50.42 vorendag gekom het. Vir die ganse kalenderjaar het dié lopie op 12 Desember 2020 enduit die vinnigste tyd vir enige van die drie ouderdomsklasse ter wêreld gebly.
Saterdag op Swakopmund het Mboma egter gewys dat sy slaggereed is om uit die skadu van haar skoolmaat te tree wat tot dusver al die hoofopskrifte gehaal het.
“Ongelukkig tel Saterdag se tyd nog nie vir Christine as 'n outomatiese kwalifisering vir die Olimpiese Spele in Tokio nie, maar dit plaas haar wel op die kortlys,” sê mnr. Henk Botha van Grootfontein, wat die afrigter vir beide Agri Kollege se twee wêreldbrekers is.
Atletiek Namibië se tweede Grand Prix komende Saterdag op Rietfontein word as die beste geleentheid gesien vir Mboma en Masilingi om beide hul Olimpiese kwalifisering ten volle in sement te giet.
“Dit was eintlik 'n dom besluit van my kant af dat Beatrice laas naweek die 200, en Christine die 400 sou hardloop. Eerstens behoort 'n mens nie juis 'n wêreldklas tyd op seevlak in die naellope te verwag nie. En tweedens het die kuswind ook op daardie oomblik van voor teen Beatrice gedruk. Haar 100-tyd was baie goed om op seevlak te behaal.”
Botha sê in elke baanitem sal slegs 64 atlete uitnodigings na die Olimpiese Spele in Tokio kry. Hy voorspel dat Masilingi en Mboma komende naweek op Rietfontein mekaar in die 400 gaan aanspoor om hul regstreekse Olimpiese kwalifisering 'n feit te maak.
“Christine sal nog beter kan hardloop met die hulp van iemand wat haar druk, want alleen is dit moeilik.
“Hierdie twee meisies werk baie hard en stel 'n uitmuntende voorbeeld aan alle jong mense.”
Masilingi het die vroue 100m in 11.79 sekondes gewen, en die 200 in 23.94.
Masilingi het op die baan ná haar kort wedloop gesê die wind was nie in haar guns tydens die byeenkoms nie.
“Die wind was 'n bietjie sterk, maar dit was lekker om weer te kan deelneem.”
Sy sê sy het haar oefenroetine aangepas ter voorbereiding op die Olimpiese Spele en die Junior Wêreldkampioenskap.
“Ons het 'n Olimpiese program geneem en dit aangepas,” het sy gesê.
Die kompetisiedirekteur, mnr. Bethold Karumendu, deel Masilingi se mening oor die kompetisie.
“Atlete moet kan hardloop en kompeteer. Ons kan nie wag vir Juniemaand om kompetisies te hou waarmee hulle moet kwalifiseer nie, die Afrika-kampioenskap word reeds in Junie aangebied. Hoe anders gaan ons atlete kwalifiseer?”
• Die voorste uitslae van die dag verskyn binne in Sport Wrap.
– [email protected]
FOTO’s
Die afrigter mnr. Henk Botha met sy twee wêreldklas naellopers in die 400, Beatrice Masilingi (links) en Christine Mboma. Foto Arnold Huber
Beatrice Masilingi (voor) laat wiel Saterdag om die 100 meter voor die ewe kompeterende Jolene Jacobs te wen. Foto Iréne-Mari van der Walt
Gilbert Hainuca wen sy 100 meter gemaklik teen Elvis Gaseb. Foto Iréne-Mari van der Walt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie