Mboma-rator opnuut vuur en vlam
Atletiek en boks
Namibië se Christine Mboma het Vrydagaand by haar eerste Wanda Diamantligabyeenkoms in Brussels, België, die 200 meter-naelloop in 21.84 sekondes gewen.
Dit is drie-honderstes van ’n sekonde stadiger as haar o.20-wêreldrekord wat sy onlangs in Tokio, Japan, by die Olimpiese Spele behaal het. Beatrice Masilingi in 22.50 was vyfde teen ’n internasionaal belaaide wedloop.
Shericka Jacson van Jamaika was tweede (21.95), Dina Asher-Smith van Brittanje (22.04) derde, terwyl Sha'Carri Richardson van die Verenigde State van Amerika in 22.45 net-net voor Masilingi oor die eindstreep genael het.
Mboma en Masilingi sal vandeesweek opnuut by die Diamamtligafinaal in Zurich, Switserland, vir die 200 aantree. Dié finaal begin Donderdag en eindig die volgende dag.
Boks
Julius “Blue Machine” Indongo (38) moes ongelukkig Vrydagaand in Dar es Salaam, Tanzanië, die knie teen Hassan Mwakinyo (26) (Tanzania, 20-2, 13 KOs) die knie in die vierde ronde buig.
Indongie wie die Tanzaniër vir die Afrika-boksunie se superweltergewigtitel uitgedaag het, was vanuit die staanspoor stewig in die jonger bokser se visier.
Die Namibiese hotklou het onbeholpe voorgekom en was reeds in die eerste ronde afgeknou. Howel hy sy bes probeer het, het hy onfiks voorgekom met min byt in sy houe wat nie veel indruk op sy teenstander gemaak het nie.
Met 40 sekondes in die tweede ronde oor is Idongo amper deur die toue. Hassan het hom met ’n allemintige linkerhaak teen die slaap getref en ’n dronkerige Indongo moes noodgedwonge die verpligte telling aanhoor.
In die derde ronde het Indongo met goeie voetwerk uit die moeilikheid gebly, maar in die vierde is die geveg ná net twee minute gestop. Idonga was opnuut in die moeilik, maar dit wou voorkom of hy gegly het toe hy weer die telling moes aanhoor.
Hy het vir raad na sy hoek gekyk, maar blykbaar was daar nie veel wat sy helpers aan sy dilemma kon doen nie. Genadiglik is hy verdere vernedering gespaar en die geveg is met ’n tegniese uitklophou aan die gasheer toegeken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie