Mbok se verhoor sloer steeds
Mnre. Antoine (Tony) Mbok en Daniel Nghiwilepo se hofsaak is tien jaar ná die voorval nog steeds onafgehandel.
Kristien Kruger
Die omstrede sakeman mnr. Antoine (Tony) Mbok en sy medebeskuldigde, mnr. Daniel Nghiwilepo, het Maandag vlugtig in die hoërhof in Windhoek verskyn waartydens hul korrupsiesaak tot 5 Mei 2021 uitgestel is.
Die staat beweer Mbok en Nghiwilepo het tien jaar gelede vyf gesteelde tjeks ter waarde van ongeveer N$3,94 miljoen – wat aan die ministerie van finansies uitgemaak was – in ontvangs geneem.
Die tjeks is in 2010 deur 'n voormalige klerk by die finansministerie, Veronika Thomas, gesteel. Die geld is na bewering later in 'n bankrekening van MFinance, een van verskeie ondernemings in Mbok se sakeryk, oorbetaal.
Thomas is in 2012 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy skuldig gepleit het op vyf klagte van bedrog en die misbruik van 'n magsposisie vir selfverryking.
Die saak is die afgelope vyf jaar deurgaans uitgestel.
Die verhoor is in Januarie 2016 uitgestel omdat die aanklaer ongesteld was en die verhoor het nie soos geskeduleer in September 2016 hervat nie, aangesien adv. Louis Botes, Mbok en Nghiwilepo se regsverteenwoordiger, siek was.
Verlede jaar September is die verhoor uitgestel omdat Mbok glo 'n rugoperasie moes ondergaan en nie in die hof kon verskyn nie.
Die saak is Maandag opnuut uitgestel omdat die aanklaer en verdediging nog nie gereed is vir die hervatting van die verhoor nie.
Die beskuldigdes is in Desember 2010 op borgtog vrygelaat.
INKRIMINERENDE GETUIENIS
In Thomas se getuienis in 2015 het sy gesê sy het die tjeks vir Nghiwilepo gegee.
Thomas het gesê sy het 'n opneemtoestel wat sy by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ontvang het, gebruik om gesprekke tussen haar en Nghiwilepo op te neem.
Botes het beswaar teen die speel van die opnames aangeteken en regter Nate Ndauendapo het beslis die opnames sal nie in die verhoor toegelaat word nie, omdat die ACC vir Thomas gebruik het om inkriminerende bewyse teen Nghiwilepo in te samel.
Met die hervatting van die verhoor volgende jaar sal Thomas verder getuig.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie