May nou byna seker Cameron se opvolger
Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende kandidaat om die Konserwatiewe Party se leier, David Cameron, op te volg en die Britse eerste minister te word.
Dit volg nadat die enigste ander teenstander, Andrea Leadsom, gister haar kandidatuur onttrek het.
Graham Brady, die hoof van die komitee wat die leierskapverkiesing gelei het, het ná Leadsom se aankondiging gesê die party se bestuur sal vergader om May as die wenner te bevestig. Hy het nie aangedui dat die verkiesingswedloop heropen sou word nie.
Indien sy as wenner bevestig word, kan May binne dae Brittanje se nuwe eerste minister word. Allerweë is verwag dat Cameron eers in September die tuig sou neerlê.
Leadsom se onttrekking kom ná fel kritiek teen uitlatings wat sy oor moederskap gemaak het.
Dit was nie duidelik of die naweek se gebeure bygedra het tot haar besluit nie. In haar kort verklaring het sy bloot gesê sy glo nie sy het voldoende steun binne die party nie.
Leadsom het May vroeër om verskoning gevra vir haar opmerkings oor moederskap nadat ’n politieke storm ontketen is ná haar onderhoud met die The Times of London.
Sy het gesê die feit dat sy ’n ma is, maak haar meer geskik om die land te lei. May het nie kinders nie.
Leadsom het later gesê sy wil nie hê moederskap moet deel van die politieke veldtog wees nie.
Die twee vroue was die enigste oorblywende kandidate in die wedloop om premier David Cameron op te volg, wat bedank het nadat Britse kiesers sy raad geïgnoreer het en in ’n referendum vir uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem het.
Leadsom het aan The Times gesê: “Ek voel omdat ek ’n ma is, het ek ’n werklike belang by die land se toekoms.”
Leadsom het later die koerant van “geelpers-joernalistiek” beskuldig en gesê hulle het haar woorde in die berig onder die opskrif “Omdat ek ’n ma is, het ek ’n voorsprong oor May”, verdraai.
The Times het ’n opname bekend gemaak van die deel van die onderhoud om te bewys dat dit inderdaad vir Leadsom korrek aangehaal het.
Leadsom het gister aan die Daily Telegraph gesê sy glo nie om kinders te hê het enige invloed op die vermoë om eerste minister te wees nie.
“Ek is innig jammer dat enige iemand die indruk gekry het dat ek anders dink,” het sy gesê.
Britse politiek is in ’n harwar met leierskapstryde wat in sowel die Konserwatiewe- as die Arbeidersparty woed.
’n Wetgewer vir die Arbeiders, Angela Eagle, het gister ’n veldtog van stapel gestuur om dié party se leier, Jeremy Corbyn, uit die kussings te lig.
Parlementslede uit die Arbeiders se geledere het vroeër ’n wantroue-mosie teen Corbyn aanvaar. -Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie