May gee rand klein hupstoot
Elvira Wood – Die rand was duidelik verlig dat Theresa May, Britse premier, Woensdag ’n mosie van wantroue in haar leierskap met 83 stemme oorleef het.
Die rand het ná die uitslag van R14,36 teenoor die dollar tot R14,04 verstewig. Dit het vroeg Donderdagoggend teen R14,07 teenoor die dollar verhandel.
Reuters berig die euro en Britse pond het albei teenoor die dollar verstewig.
Die dollar wat dus effens laer verhandel het, het ander geldeenhede soos die rand ondersteun.
Masafoemi Jamamoto, hoofvalutastrateeg by Mizuho Securities in Tokio, Japan, waarsku egter dat May se oorwinning steeds nie die onsekerheid oor Brexit uit die weg geruim het nie. Hy voorspel dus daar steeds heelwat wisselvalligheid in die wisselkoerse kan wees.
Die rand verhandel vroeg Donderdagoggend teen R17,82 teenoor die pond en R16,06 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 244 per fynons
· Platinum: $804 per ons
· Olie: $60,48 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $3 358,31
· Ethereum: $87,60 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie