MAWF bespreek sy geldsake
Die ministerie van landbou, water en bosbou het op ‘n buitengewone vergadering gesê hy sal 98% van sy begroting vir dié boekjaar gebruik.
Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou het tot dusver 71,37% van die sowat N$2,37 miljard gebruik wat tydens die 2017-18 boekjaar aan hom toegestaan is.
Dit ondanks die feit dat hy vir onvoorsiene uitgawes moes opdok, wat insluit die aanstel van 82 nuwe werknemers onder die sogenaamde “kinders van die vryheidstryd”, asook aanpassings wat gemaak moes word vir die terugbetaling van vervoertoelae in April.
Daar is ook te min begroot vir onder meer vervoer, munisipale dienste en voorrade.
Gevolglik is daar sowat N$677 miljoen vir die huidige boekjaar oor.
Die ministerie se permanente sekretaris, mnr. Percy Misika, het Maandag tydens die opening van ‘n buitengewone vergadering deur die ministerie se uitvoerende komitee gesê die ministerie stel ten doel om 98% van die begroting te gebruik, soos beplan in die ministeriële strategiese plan, sy jaarplan asook sy verkrygingsplan.
“Die ministerie het homself ook daartoe verbind om interne begrotingsbestuur te versterk, sodat daar seker gemaak kan word die geld wat aan die ministerie toegeken word, sal doeltreffend gebruik word,” het hy gesê.
“In die afgelope jaar was ons op ‘n streng begroting. Die bestuur het planne beraam oor hoe ons koste kan bespaar.
“Dienooreenkomstig is daar in Junie vanjaar byvoorbeeld op selfoontoelae besnoei deur dit te verminder en mense wat nie langer vir die ministerie werk nie, se toelae te staak. Só is in die eerste maand reeds N$100 000 bespaar.
“Ons het ook gekyk hoe ons die koste van dienste soos elektrisiteit en water kan besnoei deur ‘n komitee aan te stel wat sal seker maak rekeninge wat ons ontvang, is korrek.
“Daar is ook gekyk hoe ons kan bespaar op die gebruik van regeringsmotors en hoe inligtingstegnologie meer kostedoeltreffend in kantore aangewend kan word,” het Misika gesê.
Hy het ook gesê voorts sal die ministerie sowat 16,96% minder as die 2017-’18-boekjaar ontvang.
“Vir die komende boekjaar van 2018-’19 sal die ministerie na verwagting in totaal N$1,967 miljard ontvang. Dit sluit in sowat N$1 miljard vir operasionele koste asook N$938 miljoen vir die ontwikkelingsbegroting.”
Misika het gesê die presiese hoeveelhede wat aan elke funksie van die ministerie toegestaan word, sal volgende jaar bekend gemaak word.
“In breë terme kan ons reeds sê dat daar beplan word om sowat 46,89% van die begroting aan landbou toe te staan, terwyl 25,66% vir water sal gaan, 12,77% vir bosbou en 14,68% aan toesig- en ondersteuningsdienste.”
Voorts vergader die ministeriële uitvoerende komitee tans om vas te stel watter vordering daar in onderskeie projekte gemaak is, soos onder meer verskeie abattoirs, die Neckartaldam en NamWater-se infrastruktuurprojekte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie