Mauritiër storm na Namibiese Ope-triomf

18 April 2019 | Sport
'n Vierman-span van Mauritius se reis na die Rössmund gholfbaan by Swakopmund het laas naweek vrugte afgewerp toe Pierre Pellegrin as die 2019 FNB Namibiese Ope-kampioen na vore getree het.

Die toernooi oor 54 putjies het die deelname van 60 spelers gelok. Klubs van oral in Namibië was verteenwoordig, maar die wentrofee is uiteindelik deur een van Mauritius se vier besoekende spelers ingepalm.

Pierre Pellegrin (voorgee 3) was reeds ná die eerste rondte die voorloper met 'n briljante bruto telling van 66 houe. In die tweede rondte het hy dit met 72 opgevolg, wat hom ná die eerste dag 'n voorsprong van ses houe bo sy landgenoot Florent Toulet met 150 besorg het.

Walter Heibeb was in daardie stadium derde met 151, gevolg deur Grant Mather (153) en die verdedigende kampioen Likius Nande op 155.

In die B-afdeling was Mario Polster (bruto 154) die voorloper ná die eerste dag, sewe houe voor Theo ­Haimbondi (161), terwyl Athol McLean in die ­C-afdeling die pas aangegee het.

Pellegrin het in sy finale rondte kopgehou met nog 'n puik telling van 68 houe, om die kampioenskap met 'n totaal van 206 te beklink – 14 houe voor enigiemand anders.

FNB se verteenwoordiger, Samuel Franz, het al die deelnemende spelers bedank en bevestig dat die bank volgende jaar weer die toernooi sal borg.

Die voorsitter van Rössmund gholfklub en president van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu), Marco Swarts, het FNB bedank vir sy lojaliteit teenoor die sport in Namibië en volgehou steun vir die toernooi.

Swarts het ook Rössmund se personeel en die toernooikomitee bedank vir die seepgladde reëlings, asook die besoekende span van Mauritius.

Die voorste uitslae:

Bruto wenner: Pierre Pellegrin (Mauritius) 206; Florent Toulet (Mauritius) 220.

Netto wenner: Theo Haimbondi 215; Mario Polster 216 .

A-afdeling beste bruto: Grant Mather 223; Likius Nande 224.

A-afdeling beste netto: Andrew van Schalkwyk 228; Walter Heibeb 231.

B-afdeling beste bruto: Jonathan Mather 239 ; Gert Breedt 241.

A-afdeling beste netto: Helmut Njendja 216; J. Martin 219.

C-afdeling beste bruto: Athol McLean 260; Bertie Saunderson 279.

C-afdeling beste netto: Achmet ­Abrahams 223; Warren Theron 234.

Soortgelyk

 

Katrina bedank

3 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Katrina Hanse-Himarwa het pas as minister van onderwys, kuns en kultuur bedank.Dít kom nadat sy gister in die hoërhof in Windhoek aan...

Saturnus kom vanaand náby

5 ure gelede | Omgewing

Vanaand is die beste tyd om na die planeet Saturnus te kyk omdat dit op sy helderste en grootste vir vanjaar sal vertoon. Vir...

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

18 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

18 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

18 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

18 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

18 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...