MasterSpray lei met gehalte
Kwaliteit en gerusstelling is verseker.
MasterSpray Collision Repair Centre, geleë in die noordelike nywerheidsgebied van Windhoek, is 'n netjiese, goed gevestigde en georganiseerde besigheid wat meer as 25 jaar gelede gestig is.
Die onderneming se beleid is om wins terug in die besigheid te ploeg, gevolglik beskik hulle oor die mees gevorderde tegnologie en gereedskap.
MasterSpray se eienaar, mnr. Dereck Reichel - ook die voorsitter van die Collision Repair Association - het die besigheid opgebou tot waar dit vandag is: 'n Skoon, vriendelike onderneming wat spesifiek daarop gemik is om gehalte en gerusstelling te verseker.
MasterSpray het 'n oopplan-werkswinkel waar voertuigherstelwerk tussen die verskillende prosesse glad verloop.
Dit dra tot 'n vinniger herstelproses by.
“Ons weet hoe belangrik 'n kliënt se voertuig is, veral hier in Windhoek waar daar nie juis openbare vervoer is nie,” sê Reichel.
Die nuutste Zenith-spuitkamers en die betroubare Chief-herstelbanke help om gehalte werk te lewer. Gepaard daarmee word 'n Autorobot-meetstelsel vir akkuraatheid gebruik.
Tans word Glasruit se waterbasisverf gebruik, wat tred met al die jongste kleurskakerings en tegnieke in die motorvervaardigingsbedryf hou.
“Dit alles hou verband met die wyse waarop nuwe voertuie verander en om kliente met werk van gehalte gelukkig te hou,” sê Reichel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie