Masker-entrepreneur
Tanja Bause
Ná 'n Facebook-foto 'n storm ontketen het, slaap me. Katie Engelbrecht bitter min.
“Ek het 'n week gelede gedink ek moet dalk maskers vir ons huisgesin begin maak. My suster het toe 'n foto van my tuisgemaakte masker op Facebook geplaas, en toe is ek met bestellings oorval. Ek het binne 'n week 600 maskers gemaak. Ek sit dag en nag, saans tot ounag toe, en maak maskers,” sê sy.
Engelbrecht het in haar wildste drome nie gedink die maskers wat vir haar gesin bedoel was, sou nou op so 'n groot skaal gemaak moes word nie.
“My dogter Tanya, wat ook gehok is, is ook ingespan. Selfs my man moet hand bysit sodat ek met die bestellings kan byhou.”
'n Uitdaging is nou egter dat winkels gesluit is en materiaal moeilik bekombaar is.
“My man het Vrydag nog die laaste rek by 'n materiaalwinkel gekoop. Hulle is uitverkoop. Ek dink daar is nog mense wat maskers maak. Ek het materiaal gekoop, maar omdat ek nie geweet het dit gaan so vlam vat nie, het ek te min gekoop. Ek kan nog so tussen 100 en 200 maskers maak. Maar as ek nog rek en materiaal kry, kan ek aangaan.”
Engelbrecht doen jare al naaldwerk in haar vrye tyd en maak veral matriekafskeidrokke.
“Ek het navorsing oor materiaalmaskers gedoen. Dit bestaan uit drie lae katoen en bedek sowat 70% van 'n mens se gesig. Jy moet die masker saans was en kan dit die volgende dag weer gebruik. Jy moet net sorg jy ontsmet en was dit deeglik. Dit is ook baie koel maskers omdat dit van natuurlike katoen gemaak word.
“Dit is my positiewe bydrae tot die bekamping van die virus,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie