Masisi ingehuldig
Botswana se voormalige visepresident het die naweek die leisels as staatshoof by die uittredende pres. Ian Khama oorgeneem.
Mnr. Mokgweetsi Masisi is Botswana se nuwe president nadat hy Sondag in Gaborone ingehuldig is.
Masisi is die land se vyfde staatshoof en het die leisels by pres. Ian Khama oorgeneem wie se tweede ampstermyn van vyf jaar op 31 Maart verstryk het.
Botswana se wetgewing, wat in 1998 hersien is, beperk die president tot twee termyne van vyf jaar elk en maak voorsiening daarvoor dat die visepresident outomaties in dié pos aangestel word sodra dit vakant raak.
Masisi het met sy intreerede sy visie vir Botswana bekend gemaak en hulde aan sy voorganger as ‘n “bron van inspirasie vir ons almal” gebring.
Masisi het onderneem om voort te bou op die bydraes van vorige staatshoofde wie se erflating volgens hom meer as ‘n halfeeu se ononderbroke vrede en vooruitgang is.
Hy sê dit is steeds nodig om ‘n Botswana te bou waarin volhoubare ontwikkeling deur ekonomiese uitbreiding ondersteun word.
"Net soos my voorgangers erken ek ons is nog nie waar ons as nasie wil wees nie,” het Masisi gesê.
“Ons sal nie tevrede wees voordat ons armoede en maatskaplike uitsluiting uitgewis het om ‘n samelewing tot stand te bring waar almal geleenthede en waardigheid gebied word nie.”
Hy sê Botswana se huidige en vorige leierskap is toegewy aan ‘n moderne Botswana wat nie net oop is nie, maar ook in staat is om op wêreldgebied mee te ding, terwyl die grondbeginsels ontwikkel word wat die nasie in moeilike tye verenig het.
Masisi sal sy hande vol hê om die ekonomie minder afhanklik van diamante te maak, om werk te skep vir ’n gemeenskap waar een uit vyf mense werkloos is en om buitelandse beleggers te lok.
Ramaphosa se gelukwensing
Intussen het pres. Cyril Ramaphosa Masisi namens die regering en Suid-Afrikaanse burgers met sy inhuldiging gelukgewens.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Maandag in ’n verklaring gesê Ramaphosa het sy beste wense aan pres. Masisi ná sy inhuldiging oorgedra.
Ramaphosa het die mense van Botswana vir die vreedsame oorgang geprys waardeur hulle weer eens ’n goeie voorbeeld vir demokrasie op die vasteland gestel het.
Hy het daarop gewys dat die verhoudinge met Botswana nie net gegrond is op geografiese naburigheid nie, maar op hegte historiese, kulturele en gemeenskaplike belange.
“Pres. Ramaphosa het Suid-Afrika se verbintenis beklemtoon om voort te gaan met samewerking met Botswana op verskeie gebiede. Die twee lande is verenig in hul strewe om ’n beter lewe vir ons mense te bou en om ekonomiese integrasie, sowel as stabiliteit wat politiek en veiligheid betref, in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na te streef.” - Nampa/Xinhua/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie