Martin en Damon beklink wêreldtitel
Gholf
Twee Windhoekse gholfspelers, Joseph Martin en Bertus Damon het geskiedenis gemaak toe hulle die eerste wenners uit Afrika geword het van die gesogte Wêreld Internasionale Pare-kompetisie by die La Penina-gholfbaan in Portimao, Portugal.
Die twee is as wêreldkampioene bekroon nadat hulle die Suid-Afrikaanse broers Morné en Hugo Vermeulen met net een punt verslaan het ná twee dramatiese rondtes by die skilderagtige baan in Portugal se Algarve.
Damon, ’n diensstasie-eienaar in Windhoek, en Martin, wat sy eie lugversorgingsmaatskappy in die stad bestuur, is albei voormalige internasionale sokkerspelers. Damon het die destydse Suidwes-Afrika verteenwoordig, terwyl Martin vir beide SWA en Namibië gespeel het. Martin het inderdaad Namibië se eerste doel in internasionale sokker teen Zambië behaal.
Laas naweek het hulle Namibië op die gholfbane van Portugal trots gemaak deur ’n historiese oorwinning te behaal.
Die paar het gekwalifiseer vir die gesogte Wêreld Internasionale Pare-eindronde in Portugal nadat hulle deur die uitgebreide kwalifikasieproses van die Windhoek Lager Internasionale Pare-kompetisie in Namibië gekom het.
In Junie het Martin en Damon die reg verkry om hul land in Portugal te verteenwoordig toe hulle die internasionale afdeling van die Windhoek Lager Internasionale Pare-toernooi op die Omeya-baan gewen het.
Die Namibië Brouerye (NBL) het deur sy Windhoek Lager-handelsmerk dit moontlik gemaak vir die paar om na Portugal te reis waar hulle die belegging deur die borg met ’n puik prestasie terugbetaal het.
Die Namibiërs het 15 ander spanne van lande soos Suid-Afrika, Portugal, Nigerië, die Verenigde State, Engeland, Jersey, die Verenigde Arabiese Emirate, Egipte, Israel en Ierland verslaan.
Ná die eerste ronde was die Namibiese in die vyfde plek op 40 punte, ses agter die Vermeulen-broers.
Die tweede ronde is in byna perfekte weer gespeel en die twee Namibiërs het die sonnige toestande tot hul voordeel gebruik. Hulle het die tweede ronde mekaar se spel begin aanvul en elkeen behaal 21 punte oor die eerste nege.
Terwyl die ander mededingers se uitdaging vervaag het, het die Namibiese paar net sterker geword. Damon het ’n voëltjie op die 18de gesink om hul tweede ronde op 44 punte en hul algehele telling tot 84 punte op te stoot.
Uiteindelik was die laaste putjie deurslaggewend omdat dit vir die Namibiërs die Wêreldbeker-toernooi met ’n enkele punt beklink het.
Die oorwinning in Portugal het die naweek die sukses van Windhoek Lager se belegging in plaaslike gholf onderstreep.
Hul oorwinning het net enkele weke gevolg nadat die gholfspeler Likius Nande by die nasionale sporttoekennings as Presteerder van die Jaar aangewys is, nadat hy in Junie die Windhoek Lager-gholftoernooi by die Windhoek Buiteklub gewen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie