Martin Dentlinger stel sy saak
MARTIN DENTLINGER SKRYF:
Lede van politieke partye, elk onder hul eie party se grondwet en beleid, het die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) se lidmate mislei.
Hulle grondwette en status het met verdraaide feite onder 'n evolusionêre proses gelei tot deelname aan eerstens Wet 56/76 en daarna met deelname aan die Namibiese grondwetskrywende proses waaruit ‘n meerderheidsregering geskep was om eensydig te heers oor die soewereine lidmate van die gemeente. 'n Regering en howe is so tot stand gebring wat nie hulle eie grondwetlike parlement, regerings en howe is nie.
Wat deur hierdie stelling tuisgebring word is om in ag te neem:
1. Grondwette is kontrakte. “Law is Contract and Contract is Law.”
2. Kontrakte is grondwette.
Kontrakte moet op grond van sekere vereistes tussen twee of meer partye saamgestel word en deur al die partye met volle begrip daarvan, sonder misleiding en dwang of vrees, onderteken word.
Die vraag ontstaan waar is die private assosiasie van die Rehoboth Baster Gemeente se kontraktuele verbintenis met die Namibiese Grondwet? Deur wie is dit onderteken en waar is hulle “registrasielisensie” om deel van die onafhanklikheidsverkiesing geag te kon word? Hulle was immers nooit deel van die verkiesingsproses nie.
Waar is die wettige kontrak/verdrag tussen die RBG en die Namibiese regering wat hulle magtig om hulle wette op Rehoboth af te dwing? Die Plaaslike Owerheidswet, die Aktewet en al die wette van die regering is nie afdwingbaar op Rehoboth nie bloot omdat dit eensydig toegepas word. Dit maak al die grondtransaksies, boedels ensovoorts op Rehoboth onwettig. Met ander woorde, die regering van Namibië, sy owerhede, howe en regters het geen jurisdiksie in die Privaat Regsgebiet van Rehoboth nie en was ook sodanig erken deur die hooggeregshof van Namibië.
Wat hier gesê word, is dat hulle wat eensydig mag uitoefen oor die soewereine burgers van die Rehoboth Baster Gemeente dit sonder toestemming van die geregistreerde lidmate van die gemeente doen. Teenstrydig met ondertekende internasionale verdrae en grondwetlike waarborge regeer die Namibiese regering as aangestuurde, buitelandse liggaam oor die burgers van Rehoboth deur plaaslike wette deur hulle parlement gemaak.
Neem ook in ag dat regeringsamptenare wat op Basterskap aanspraak maak onder geswore en getekende eed van trou aan die Namibiese Grondwet mag oor hulle medeburgers uitoefen.
Wat Basters egter in hulle privaat kapasiteit doen, is hulle eie saak en bind geensins die soewereine status van die kapteinskantoor nie. Teenstrydigheid sal in die privaatheid van die Basterhof besin word. Onder dieselfde gesag sal geantwoord moet word hoekom die sleutels van die kapteinskantoor onder valse voorwendsels bekom is en die kantoor ontoeganklik vir die normale administratiewe proses gemaak is deur die slotte te vervang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie