Marokkaanse maalvleis met koeskoes
Marokkaanse maalvleis met koeskoes

Marokkaanse maalvleis met koeskoes

Lloyd Zandberg
'n Geurige Marokkaanse dis met min moeite

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 6 mense

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

500 g volstruismaalvleis

15 ml (1 e) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn kaneel

10 ml (2 t) borrie

125 ml (½ k) droë appelkose, gekap

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

500 ml (2 k) koeskoes

2 rooi brandrissies

gerasperde skil van 1 suurlemoen

koljander vir garnering

1. Verhit die olie oor matige hitte. Braai die uie tot halfgaar, voeg die maalvleis by en braai liggies tot verbruin (altesaam omtrent 10 minute). Voeg die speserye by en roer deur. Roer die appelkose en aftreksel in en laat prut 20 minute.

2. Maak die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking gaar. Gebruik ’n vurk om die brandrissies en suurlemoenskil in te roer.

3. Skep die koeskoes in ’n (verkieslik warm) opdienskottel, bedek dit met die maalvleis en sous en garneer met koljander. Bedek die skottel ’n paar minute voor jy dit voorsit.

Kommentaar

Republikein 2025-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer