Marokkaanse hoender
Marokkaanse hoender

Marokkaanse hoender

Lloyd Zandberg
Herman Lensing - Tajine is ’n Midde-Oosterse manier om bredies te maak. Bak jou Sondaghoender op dieselfde manier, maar sommer in ’n gewone pot met Marokkaanse speserye.

3 heel ster-anys;

5 kardemom-peule;

10 ml komyn;

10 ml kaneel;

5 ml gemmer;

10 ml paprika;

100 ml olyfolie;

1 groot hoender (sowat 600 g);

1 ui, gekap;

4 knoffelhuisies;

sout en varsgemaalde swartpeper;

1 x 400 g-blik kekerertjies;

1 x 400 g-blik tamaties van jou keuse;

500 ml hoenderaftreksel;

hand vol koljander, gekap;

100 g amandels;

Meng speserye en 60 ml olyfolie. Smeer oor hoender en sit in yskas vir sowat 2 uur.Verhit oond tot 160°C. Verhit res van olyfolie in ’n middelslagpot. Plaas hoender in warm pot en braai bruin. Voeg ui en knoffel by en braai nog 5 minute.Geur goed met sout en swartpeper. Gooi kekerertjies, tamaties en aftreksel by. Sit deksel op pot en bring tot kookpunt. Plaas in warm oond en bak vir 1½ uur. Verhoog hitte tot 200 °C en rooster oop vir nog 30 minute. Haal uit oond en sprinkel koljander en amandels oor. Sit voor met gaar koeskoes.

Wenk:

Jy kan ook lamskenkels of beesstert pleks van die hoender gebruik. ’n Heel ontbeende lamsboud sal ook werk. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer