Markus Jooste kry die heel vetste tjek!

Verslagspan – In die jaar voordat Steinhoff 90% van sy waarde verloor het, het Markus Jooste vergoeding van meer as R200 miljoen ontvang.

Danie van der Merwe, nou waarnemende uitvoerende hoof van die einste Steinhoff, het R103 miljoen gekry en Ben la Grange, voormalige finansiële direkteur van Steinhoff, R71 miljoen.

Met dié betaling was Jooste, wat tot met sy bedanking in Desember 2017 uitvoerende hoof van die Steinhoff-groep was, die hoogs betaalde maatskappydirekteur in die 2016-’17-boekjaar op die JSE, blyk uit ’n lys oor die rykstes van die rykes wat saamgestel is deur die firma Who Owns Whom.

Jooste se multimiljoenpakket sluit in ’n salaris van R36,5 miljoen en ’n prestasiebonus van R48,2 miljoen.

Die groei in die waarde van die regte wat hy uitgeoefen het, was R117 miljoen en is by sy verdienste ingereken om by R202 miljoen uit te kom.

Van der Merwe, tweede op die lys, se vergoeding was in ruil vir sy rol as nie-uitvoerende direkteur van Steinhoff Africa Retail (Star) en ander verantwoordelikhede in die Steinhoff-groep.

La Grange, sesde op die lys, het ’n salaris van R14 miljoen ontvang, ’n prestasiebonus van R22 miljoen en sy aandele het in die boekjaar met R34 miljoen vermeerder.

Jeremy Dobbin van Who Owns Whom sê hul somme oor direkteursbetaling is gegrond op inligting wat genoteerde maatskappye self bekend maak.

Die 2017-data is gebruik as die jongste vergelykbare syfers omdat nie alle genoteerde maatskappye se syfers vir die 2018-boekjaar al bekend is nie.

Onder 2017 se toptien hoogs betaalde direkteurs is ’n paar bankiers en

batebestuurders, mynbase en direkteurs van die luuksegoedere-maatskappy Richemont.

Richemont se Richard Lepeu, uitvoerende hoof, en Gary Saage, finansiële hoof in 2016-’17, is onderskeidelik R92 miljoen en R87 miljoen betaal, wat hulle die derde en vierde posisies besorg het.

Vyfde is Francois Gouws, uitvoerende hoof van PSG Konsult, met R76 miljoen se verdienste.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, het nie te sleg gevaar in 2017 nie met betaling van R52 miljoen wat onder meer bestaan het uit ’n salaris van R10 miljoen en ’n prestasiebonus van R15 miljoen.

Hy is 11de op die lys, gevolg deur Whitey Basson op nr. 12 vir die betrokke tydperk, wat volgens Who Owns Whom as nie-uitvoerende adjunkvoorsitter van Shop­rite R50 miljoen ontvang het.

MTN se uitvoerende voorsitter, Phuthuma Nhleko, is 15de op die lys met ’n salaris van R19 miljoen, prestasiebonus van R22 miljoen en waardevermeerdering van aandele op R4 miljoen. Dit het sy betaling vir die 2017-boekjaar op R46 miljoen te staan bring.

Die enigste vrou onder die eerste 50 op die lys is Lizé Lambrechts, uitvoerende hoof van Santam.

Haar betaling is R30 miljoen (R5 miljoen se salaris en R25 miljoen se prestasiebonus).

In die 40ste plek is Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers, wat in 2016-’17 R29 miljoen betaal is. Sy salaris word aangegee as R14 miljoen en sy prestasiebonus op net meer as R13 miljoen.

Volgens Naspers se jaarverslag, wat verlede week uitgereik is, was Van Dijk se basiese salaris in die 2017-’18-boekjaar $1,3 miljoen (sowat R17 miljoen).

Dobbin sê die metodologie skakel ’n paar prominente maatskappye uit waarvan die vergoeding nie openbaar gemaak word nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A