Markte senuweeagtig, rand sak terug
Die onsekerheid in die mark steun steeds op goud as veilige hawe wat beleggings betref.
Elvira Wood – Die markte wêreldwyd bly maar senuweeagtig, wat die dollar steun en ander geldeenhede laat verswak.
Dit is volgens Joe Manimbo, senior markontleder by Western Union Business Solutions in Washington, Amerika.
Reuters berig sy kommentaar kom nadat die Federale Reserweraad (Fed) Woensdag die notule van sy vergadering wat in September gehou is, bekend gemaak het.
Die notules wys die bank beplan om voort te gaan om rentekoerse in Amerika stadigaan te verhoog.
Waar die rand in ’n stadium teen R14,10 teenoor die dollar verhandel het, het dié nuus dit weer tot R14,28 laat terugsak.
Die rand het Donderdag vroegoggend teen R14,26 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.
Die onsekerheid in die mark steun egter steeds op goud as veilige hawe wat betref beleggings.
Dié edelmetaal handhaaf sedert Donderdag pryse van meer as $1 200 per fynons. Dit is die eerste keer sedert die middel van Julie dat goud konstant bo dié vlak verhandel.
Goud het vroegoggend teen $1 223 per fynons verhandel.
Die rand het teen R18,68 teenoor die Britse pond en R16,40 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 223 per fynons
· Platinum: $831 per fynons
· Olie: $80,06 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 526,97
· Ethereum: $208,24 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie