Markte: Beurse tas rond vir rigting
Dreigende internasionale handelsbeperkings het aandelebeurse op hol.
Aandelebeurse in Asië het Woensdag rondgetas vir rigting te midde van die dralende kommer oor die invloed van die dreigende internasionale handelsbeperkings.
Aandeelpryse in Tokio, Japan, was wisselvallig, terwyl die beurs in Hongkong laer was. In Seoel, Suid-Korea en in Sydney, Australië was aandeelpryse onveranderd. Chinese aandeelpryse het geval te midde van ’n verswakking in die Chinese geldeenheid se wisselkoers.
Energie-aandele in die streek het wel gestyg nadat oliepryse bo $70 per vat gekonsolideer het in reaksie op berigte dat Amerika druk plaas op sy handelsvennote om nie olie van Iran te koop nie.
Beleggers wag steeds op duidelikheid van die Withuis oor pres. Donald Trump se planne om China se beleggings in Amerika te beperk. Trump het laat blyk hy kan ’n minder konfronterende aanslag volg.
In vroegoggendverhandeling was die rand Woensdag swakker op R13,56 vir een dollar nadat dit die vorige aand op R13,53 gesluit het. Die rand verhandel oor die afgelope 12 maande in ’n band tussen R11,50 en R14,57 teen die dollar. Teen die euro was die rand ook swakker op R15,79, teenoor Dinsdagaand se sluiting van R15,76. Die rand het die afgelope 12 maande tussen R14,17 en R17 teen die Europese geldeenheid verhandel.
KORTLIKS:
Rand/$ - R13,56
Rand/Euro - R15,79
Olieprys - $76,54 per vat
Goudprys - $1255 per fynons
Die Brent olieprys was Woensdagoggend 0,3% sterker op $76,54 per vat. Die olieprys wissel die afgelope 12 maande tussen $50 en $80 per vat. Amerikaanse oliepryse het tot bo $70 per vat gestyg.
Die goudprys het gedaal tot $1 255 per fynons, wat sy laagste vlak tot dusver vanjaar is. In Januarie was die goudprys in ’n stadium bo $1 355 per fynons.
Oornag was Amerikaanse beursindekse almal positief, met die S&P500- en Nasdaq-indeks ook steeds sterker as ’n maand gelede. Die Nasdaq het oor die afgelope 12 maande al ’n opbrengs van 23% gelewer, die Dow Jones 14% en die S&P500 13%.
Die JSE se indeks van alle aandele het Dinsdagaand 1% laer op 55 254 gesluit. Die JSE het in die jaar tot dusver ’n negatiewe opbrengs van -7% gelewer, maar oor 12 maande is dit steeds 10% sterker. - Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie