Marientallers vrees vloed
SPANNING en vrees vir 'n moontlike waterdood asook verliese van nog mi1joene Namibiese dollar wat in die huidige reenseisoen onafwendbaar lyk, knaag aan elke siel in die Hardap-streek, veral by Marientallers wat bykans twee jaar gelede 'n traumatiese vloed moes deurgaan. Tans is 'n geprogrammeerde SMS-stelsel van die belangrikste hulpmiddels wat in plek is om mense in die vloedgebiede betyds te waarsku. Nog 'n noodmaatreel is 'n tolvrye lyn wat die munisipaliteit van Mariental gedurende die noodtoestand gaan aktiveer.
Ander positiewe maatstawwe van hoop op beskerming teen vloede is ook in die vooruitsig. Dit nadat sedert Februarie 2005, met die tweede laaste vloed, weinig anders gedoen is om die moontlike toekomstige oorstroming van die dorp af te weer - behalwe die gepraat waarmee die belanghebbendes besig was.
Die riete wat indien dit verwyder kon word volgens inligting die oorstroming van die dorp met tot 80 persent sou verminder, het intussen die rivierbedding toegegroei terwyl die afsakselneerslae van tot twee meter onder brue die struikelblok is wat die Visrivier van sy natuurlike vloeipatroon kan laat afwyk en sy walle laat oorstroom. In die agterkop van Marientallers is die vreesboodskap diep geanker na weerprofete se positiewe voorspellings van 'n bogemiddelde reenval vir die huidige reenseisoen vir die ganse Namibie.
Die hele Hardap-streek wag reeds in angs vir die moontlikheid van 'n ramp wat hierdie keer ewe onafwendbaar en selfs ernstiger kan wees. "Die mense is 'geworry' oor die Februarie-reen wat gaan kom," het 'n gesiene inwoner van Mariental aan Republikein vertel. Nog 'n lid van die taakspan wat kort na 2006 se vloed gestig is om die dorp se vloedsituasie te bekyk, mnr. Louis van Wyk, het gese selfs die finale taakmagverslae wat in Julie ingehandig moes gewees het, is steeds Die op die tafel nie.
"Die hele dorp is negatief. Ons weet nie wat om te doen wanneer die reen wat in Februarie in die streek verwag word, sy verskyning maak Die. "AI waarop ons nou besluit het, is om die watervlak van die Hardap-dam op 70 persent of minder te hou. Dit is die enigste maatreel wat ons het. "Ons het voorts twee stasies gevestig om die situasie te monitor sodra dit begin reen, terwyl ons ook die vooraf waarskuwingstelsel opgegradeer het, maar ek is nie daarmee heeltemal positief nie.
"Indien ons 'n groot invloei ondervind, kan ons nie sommerso die water uit die dam laat Die omdat dit met riete toegegroei en toegeslik is," het mnr. Van Wyk gese. Volgens inligting wat vroeer deur 'n amptenaar van NamWater beskikbaar gestel is, kan die Visrivier Die 'n uitvloei van meer as 1 400 kubieke meter water per sekonde hanteer nie, terwyl beweringe bestaan dat die einste rivier 2 000 kubieke meter water per sekonde in 1972 kon hanteer. In die rivier se huidige toestand (met die riete wat die rivier toegegroei het en die afsakselneerslae) is 500 kubieke meter water per sekonde glo sy maksimum kapasiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie