Marientaller woeker met haar talente

Die sanger en aktrise Lize Ehlers gaan uit haar pad om plaaslike kunstenaars te help bevorder.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Staan elke dag op en doen iets om ’n sent in jou beursie te sit,” is die filosofie van Lize Ehlers (34), die Namibiese sanger en liedjieskrywer; ook musikale, kreatiewe en teaterdirekteur, aktrise, digter, stigter van RMB Song Night en moeder.

“Ek is op 1 Januarie in Mariental gebore. Dis vir my baie lekker om op dié dag te verjaar, want só begin ek elke jaar met nuwe visie en dankbaarheid dat ek die vorige jaar oorleef het.”

Lize kom uit ’n familie van bouers en onderwysers wat volgens haar die saadjie by haar geplant het om ’n gemeenskapsleier te word, om mense uit die gemeenskap te help. Sedert 2011 tree sy kosteloos as ’n mentor op vir opkomende sangers – iets wat na aan haar hart is.

“Ek was ’n prefek in die laerskool en hoofmeisie by die Hoërskool Mariental in 2004. Ek het ook die voorreg gehad om die eerste jeugpresident te word, wat ’n fantastiese ondervinding was. Ek kon sê en besluit wat ek vir my gemeenskap wou doen. Soos byvoorbeeld om met ’n groentetuin hier of daar te begin; ons het ook ’n klein koerant uitgebring – alles om geleenthede vir die gemeenskap op die dorp te skep. Dit was ’n baie groot droom van my om die gemeenskap te kan help.”

Tussen alles deur was musiek altyd deel van haar lewe.

“My ma, Catherine Kubersky, het altyd in die kerk se agterbank gesit en uit volle bors gesing. Die vader het altyd vir haar gesê: Juffrou Kubersky, u sing te hard. Sy was die nagtegaal van Mariental. Haar stem was op ’n ander vlak en ons het haar die Maria Callas van Mariental genoem. Sy het beslis my sangloopbaan geïnspireer.”

Ná skool wou Lize musiek gaan studeer, maar haar ma het baie siek geraak en sy het besluit om in Mariental agter te bly en haar ma te versorg. Sy het by ’n versekeringsmaatskappy begin werk sodat sy haar afstandstudies kon betaal.

“Ek wou beter Engels leer en ook leer om ’n beter skrywer te wees en het dus kreatiewe skrywe studeer.”

Sy het vir Hendrik Ehlers deur haar suster leer ken en verlief geraak.

“Ek het my ma saam gevat toe ons Windhoek toe getrek het om ons lewe saam te begin. Dit was moeilik, omdat sy in ’n rolstoel was en ons in ’n huis met baie trappe gewoon het. Ek het besef ek kan nie vir haar sorg nie en ek moet haar in die pleegsorgeenheid by die Susanne Grauheim-aftreeoord plaas.

“Dis ook hoe my spesiale verhouding met die aftreeoord begin het. Ek het verniet vir hulle konserte gegee totdat my ma in 2013 oorlede is. Nou nog wanneer ek by hulle verbyry, dan gooi ek vir hulle kliphard ’n spesiale liedjie vanuit my voertuig,” het Lize gesê.

RMB SONG NIGHT

Tien jaar gelede het Lize die RNB Song Night gereël en daarmee ’n droom van haar ma om jong musikante en kunstenaars ’n platform te gee, verwesenlik.

“Ek het niemand in die musiekwêreld geken toe ek in Windhoek aangekom het nie. Daar was nie baie geleenthede vir my om op ’n verhoog te staan en te sing nie. Ek het met ’n paar jazzbands in die Warehouse-teater opgetree, maar dit was omdat ek vol selfvertroue was en op tyd saam met die groepe aangedring het en dit sit nie in almal se broek nie om na ’n band te gaan en te vra: Hey, kan ons saam oefen, of kan ek vir julle sing?”

Met die hulp en ondersteuning van Sandy Rudd, ’n alom bekende persoonlikheid in die Namibiese teaterbedryf, is Free Your Mind, Theatre Sport en Spoken Word begin om mense in die kunsbedryf te ondersteun en ’n platform te gee om hul talent ten toon te stel.

“In tien jaar het Song Night baie verander. Ons het nou ’n professionele band, ’n grimeerkunstenaar en ’n stilis. Song Night is oop vir alle nuwe Namibiese sangers wat met hul stemme wil spog en wat hulle stemme wil ontwikkel.”

Song Night stel intussen veel hoër verwagtinge – covers van bestaande liedjies word nie toegelaat nie.

“Ons laat net oorspronklike musiek toe. Ons het soveel talent in ons land; ons moet oorspronklike talent in ons eie stemme bevorder. Dis ook Song Night se motto: Koester die Namibiese klank.”

Lize het haar huis en hart vir Namibiese kunstenaars oopgemaak en in dié platform bestee.

“Ons het duisend kunstenaars ontdek. Hulle is die mense wat nou op verskeie verhoë staan, optree en musiek maak.”

FLIEK

Lize was ook deel van die span wat die fliek ‘Baxu and the Giants’ se musiek gekomponeer het.

“Dis die enigste Namibiese fliek wat op Netflix te siene is.”

In Augustus 2020 is die eerste amptelike klankbaan van die fliek vrygestel. Die enkelsnit ‘Sada Di Tama Hâ’ is deur Lize Ehlers, Karl Ehlers en Imms Nicolau gekomponeer. Die woorde in Khoekhoegowab beteken Nie ons s’n nie.

“Ons noem onsself die Dynamic Trio. Ons hoop om nog baie met ander kunstenaars te kan werk.”

TONEELSPEL

Lize is nie net ’n sangeres en komponis nie, maar ook ’n bekende aktrise wat in menige toneelstukke op die planke te sien was.

“My Engels-onderwyseres op skool het my baie met my Engels en Duits gehelp, veral deur toneelspeel. Stukke soos Master Harold and the Boys en al die ander stukke wat ons opgevoer het, het die liefde vir teater en toneelspel gekweek.

“Ek het begin teaterstukke skryf en as 13-jarige het ek vir myself ’n treinkaartjie Windhoek toe gekoop. Ek het my pad na die Theater School gevind en Animal Farm deur Sandy Rudd gaan kyk. Daar het ek nóg meer op toneelspel verlief geraak. My susters het my kom soek en was baie ontsteld, want hulle het gedink ek is ontvoer. Ek was nie ontvoer nie, ek was soos ’n akteur in die films wat weggeloop het om haar droom te volg.”

Sedertdien het sy talle toneelstukke geskryf en die regie uitgevoer. In 2007 is sy aangewys as beste aktrise vir die toneelstuk Leah B uit die pen van Tanya Terblance.

“Die stuk handel oor die ware verhaal van Leah B wat ’n brood gesteel het en tronk toe gestuur is. Sy het niemand gehad wat haar borgtog kon betaal nie en sy was vir lank toegesluit. In die tronk is sy deur ’n polisiebeampte verkrag en het swanger geraak.

“Dit was ’n baie moeilike tyd vir die karakter en ek het post-traumatiese akteur-stresversteuring ontwikkel. Ek het te diep in die karakter verval en het gesukkel om daaruit te kom en weer myself te wees. Dis toe ek geleer het om die karakter van myself te onderskei en af te sny wanneer die oefeninge en opvoeringe vir die dag klaar is.”

In 2017 het sy wéér die toekenning gewen, dié keer vir die stuk Meisie van Mariental van Sandy Rudd.

“Die stuk was ongelooflik snaaks ... Al die navorsing wat ons gedoen het vir die regte Afrikaans en die goed wat mense sê en doen. Die stuk was ’n aanpassing van die Shirley Valentine komedie. Dit was wonderlik om tien jaar ná my eerste toekenning weer een te wen.”

Dis juis die komediese ontsnapping wat teater en musiek haar bied wat vir haar so belangrik is.

Lize is ’n gesogte musikale regisseur en het aan bekroonde teaterprojekte soos I am John onder regie van Sandy Rudd en Every Woman onder regie van Senga Brockerhoff gewerk.

Lize is aangewys as beste nuwe regisseur vir haar debuutstuk Under The Dam, wat oor die vloede en die gemeenskappe in haar tuisdorp Mariental handel.

Sy het ook die stuk Boet & Sus geskryf, geregisseer en daarin gespeel. Dit was die eerste aanlyn teaterproduksie deur die Nasionale Teater van Namibië, wat in Februarie 2021 op www.ntn.org.na gestroom is.

MUSIEK

Lize het sover ses albums agter haar naam.

“Ek het vir al my albums self met die hulp van my man Hendrik betaal. Ek het nog altyd baie hard gewerk en alhoewel toekennings nie die A en O vir my is nie is dit baie lekker om tog erkenning vir my harde werk te kry.”

In 2019 het sy Kunstenaar van die Jaar by die Namibiese Musiektoekennings (NAMA’s) ingepalm, asook Beste Vroulike Kunstenaar en Best House-musiek. Sy het daardie jaar met die meeste toekennings weggestap.

Sy het ook geskiedenis gemaak toe sy die kunstenaar geword het wat die langste twee liedjies op Base FM Local Top 10 gehad het. Haar liedjies Fantastic Sam en Iewers was 50 weke in die top-10, nadat beide afsonderlik ook eerste was. Beide die liedjies is op haar album 5.

Sy is ook ’n gasbeoordelaar vir Voice Perfect Namibia se tweede seisoen.

“Ek gee my tyd vrywillig om die inisiatief te ondersteun wat nuwe sangers in Namibië bevorder.”

RAAD

“Staan elke dag op en maak ’n lys van jou talente. Kan jy lekker kos maak? Kan jy goed skoon maak? Is jy ’n skrywer, of dalk goed met kinders?

“Wat kan jy reeds doen sonder enigiemand se hulp? Dan kyk jy na maniere en geleenthede waar jy dié aanleg verder kan vat om ’n sent in jou rekening te sit. As daai talent iets is waarvoor jy lief is, sal jy méér tyd daaraan bestee en dit nog beter doen.”

“Ek haal my hoed af vir vroue-entrepreneurs, wat sosiaal-ekonomies benadeel is en nogtans soggens opstaan, al is dit hoe moeilik. Staan op, al moet jy ’n koue stort vat, met min om te eet. Staan op, sodat jy ietsie in jou beursie kan sit. Doen iets om geld te verdien sodat jy vir die persoon langs jou kan wys ek het opgestaan en hopelik kan ons mekaar se hande vat en deur hierdie moeilike tyde dra en help.”

Die Covid-19 pandemie het haar gedwing om buite die boks te dink en om nuwe geleenthede raak te sien en aan te gryp.

“Ek kyk na aanlyn werkswinkels; ek doen alles in my vermoë sodat my kinders kan floreer, sodat ek kan floreer. Tye is baie moeilik omdat kunstenaars, sangers en aktrises tans nie kan optree en betaling kan kry nie. Ek het geleer om vir my familie ’n maaltyd te bedien met slegs een hoenderborsie,” sê sy laggend.

“Ek wil kunstenaars aanmoedig om geleenthede wat aanlyn aangebied word, aan te gryp. Ek het onlangs deur die Goethe-sentrum vir ’n weeklange somerkamp ingeskryf. Ja, dit was aanlyn en ja, die ure was lank en ek moes baie werk insit, maar hierdeur het ek ’n heel nuwe netwerk van kreatiewe mense opgebou.

“Ek is ingeënt (teen Covid-19) en hoop julle is ook. Ek weet vir baie is dit ’n moeilike besluit, maar ek voel dis die enigste ding wat ek kan doen om my familie, my kinders en my man te beskerm.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.60/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 937.10/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.44/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 996.23/OZ UP +1.11% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.60/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 937.10/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.44/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 996.23/OZ UP +1.11%