Mariental se water veilig vir gebruik
Tanja Bause
NamWater het 'n brief aan die Mariental-dorpsraad gestuur oor die gehalte van die water op die dorp waaroor inwoners gekla het.
Republikein het vroeër berig oor inwoners wat omgekrap is oor die melkerige water wat 'n snaakse reuk het en hulle siek maak.
“Aan die einde van Desember het ons 'n verandering ervaar in die gehalte van die onverwerkte water van die Hardapdam wat na die suiweringsaanleg gepomp word. As 'n voorsorgmaatreël het ons die dosis chloor verhoog om te verseker dat die bakteriologiese gehalte nie gekompromitteer word nie,” lui die verklaring.
Volgens die verklaring het NamWater op 9 Januarie watermonsters na sy laboratorium in Windhoek gestuur vir toetse. Die monsters het geen probleemareas met betrekking tot verskeie parameters soos onder meer alge, stikstof, ammoniak en fosfate aangedui nie.
“Die hoër chloordosis wat ons toegedien het, het die kleur- en reukprobleem veroorsaak. Dit is egter skadeloos. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”
Volgens die verklaring word daar sedert die einde van 2017 weekliks bakteriologiese monsters vir toetse na NamWater gestuur.
“Ons kon dit egter nie gedurende die Kersseisoen doen nie omdat die laboratorium gesluit was.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie