Mariental se skaapabattoir sluit deure

07 August 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.

Die Hartlief-groep se besturende direkteur, mnr. Günther Ling, het gister in ‘n brief aan die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) gesê die besluit kom weens swak ekomiese omstandighede, wat deur die voortdurende droogte en ongunstige handelstoestande vir die kleinveebedryf in Namibië veroorsaak is.

Die abattoir sê terwyl dit tussen 2009 en 2014 gemiddeld 20 000 stuks kleinvee per maand geslag het, het die getal intussen tot onder 2 000 per maand gedaal. Dit is veel minder as die 7 000 stuks kleinvee wat nodig is om hul basiese onkoste te dek.

Die FMM sê dit het reeds en hou aan om aansienlike finansiële verliese maandeliks te ly en kan nie hiermee volhou nie.

In die brief word genoem dat lam- en skaapvleis landswyd onkonsekwent en in te klein hoeveelhede aan alle bemarkingskanale verskaf word. Redes wat hiervoor gegee word, sluit in dat talle kleinveeboere in die Suide van die land jarelange droogtes ervaar.

Dit het daartoe gelei dat nasionale kuddegetalle die laagste punt in dekades bereik het, buiten daarvoor dat die regering regering se gewraakte kleinveebemarkingskema ook reeds sy merk gelaat het.

Kleinveeboere het hulle intussen al meer tot die grootvee-, toerisme- en jagbedryf gewend, sê Ling.

FMM sê hul langtermynvisie is om die abattoir slegs vir 24 maande te sluit, terwyl hulle met die bedryf in gesprek sal tree oor hoe om die onderskeie uitdagings die hoof te bied.

Soortgelyk

 

Psemas-tender sluit

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, het Woensdag (23 September) gesluit. Dit volg nadat sekere vereistes in...

Babelse verwarring oor toerismeregulasies

8 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – Met Babelse verwarring wat in die toerismesektor oor die nuwe Covid-19-regulasies heers, word steeds op meer duidelikheid gewag.“Ons sal weet sodra daar...

Gemsbok soek lafenis

8 ure gelede | In beeld

Die Desert Hills Lodge in die Naukluft-berge naby Sesriem het 'n spesiale besoeker gehad wat sy dors in die swembad kom les het. Volgens mnr....

N$30 miljoen dringend nodig om rooisprinkane te beveg

8 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig. Dit, om te...

Weer vir 28 September

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar baie warm in die Noorde met 'n paar wolke wat oor die Zambezistreek...

Skoonmaakveldtog takel landswye probleem

8 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – 'n Geskatte 61 ton menslike ontlasting en huishoudelike rommel word daagliks in die openbare areas in Windhoek se informele nedersettings gestort. Dié...

Twee vas weens omkopery

8 ure gelede | Misdaad

Erwin LeuschnerDie twee beskuldigdes wat weens klagte van omkopery en korrupsie aangekla word, mnr. Farhan Khatri (31) en speuradjudantoffisier Jafet Simon, is Woensdag borgtog in...

Hardap dalk tronke se nuwe episentrum

8 ure gelede | Polisie

Kristien KrugerDie Windhoek Sentrale Gevangenis is reeds weke lank in inperking vanweë 'n Covid-19-uitbreking. Dit blyk egter dat die korrektiewe geriewe in die Hardapstreek (naby...

Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab

8 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause – Die Namibiese Rooikruisvereniging het noodverligtingspakkies aan 11 families oorhandig wat die slagoffers van brande in informele nedersettings was. Volgens die Windhoekse stadspolisie...