Mariental bekommerd oor vloed
Tender vir uitwissing van riete eers in April
Augetto Graig - Terwyl die res van die land met hoop die hemel dophou vir die kleinste teken van reën, is die leierskap van Mariental nie so gemaklik as 'n paar druppels begin val nie.
Volgens die dorp se hoof uitvoerende beampte, mnr. Paul Nghiwilepo, is die kommer dat te veel reën die Visrivier sy walle sal laat oorstroom, veral omdat die rivier amper deur riete toegegroei is.
Die senior bestuurder vir gemeenskaps- en ekonomiese ontwikkeling op Mariental, me. Catherine Boois, sê weens omliggende boerderye die dorp in ? groot mate op landbou staat maak. Water wat kunsmis bevat, loop volgens haar van die plase af en veroorsaak dat die riete nog vinniger groei.
Volgens Nghiwilepo was die dorp weens historiese redes in 'n vloedvallei gestig, omdat die stoomtreine van destyds water nodig gehad het. Wat die kommer nog erger maak, is dat nóg besighede nóg individue op Mariental weens vorige oorstromings vloedversekering kan uitneem.
In 2006 het die versekeringsbedryf besluit om bepaalde eiendomme op die dorp, wat onder die Hardapdam en langs die Visrivier geleë is, nie meer te verseker nie as gevolg van meer as ? N$100 miljoen se verliese ná die vloede in Februarie van daardie jaar. Die skoonmaak van die rivier is die werk van die ministerie van landbou, water en bosbou.
Nghiwilepo sê hy wag op die ministerie se terugvoering.
By navraag het me. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder, gesê dat hulle eers in April iets aan die riete sal kan doen. “Die tender vir die bespuiting van riete in die Visrivier sal in plaaslike koerante geadverteer word tydens die aanvang van die 2015-2016-boekjaar in April 2016,” sê sy.
Voorlopige voorsiening is in die volgende begroting daarvoor gemaak, maar sy kon nie 'n bedrag verstrek nie.
Volgens Kalo het die ministerie in 2015 ? vloed- en hidrologiese studie van die Visrivier se opvanggebied laat uitvoer en vloedrisikokaarte is opgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie