Maree wil appelleer
Maree wil appelleer

Maree wil appelleer

Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, wat na bewering tientalle minderjarige seuns van Windhoek vir jare lank vir die vervaardiging van kinderpornografie verkrag en misbruik het, se regsverteenwoordiger het aan Republikein bevestig hulle gaan teen die weiering van sy borgtogaansoek appelleer.
Dit blyk uit ’n bron naby aan die ondersoek dat foto’s onlangs gevind is van Maree saam met naakte seuns.
Die gronde vir appèl is nog nie bekend nie en die hof is tans besig om ’n datum vir die verrigtinge te skeduleer.
Maree se regsverteenwoordiger, me. Eva Nangolo, het reeds die kennisgewing van appèl by die hof ingedien.

Foto: Argief

Kommentaar

Republikein 2025-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer