Maree wag steeds op uitspraak
Maree wag steeds op uitspraak

Maree wag steeds op uitspraak

Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, sal eers op 13 Oktober weer in die Windhoekse landdroshof verskyn vir die partye se finale betoë voordat landdros Jorina Jagger uitspraak op sy formele aansoek om borgtog lewer. Die staataanklaer, mnr. Phelem Like, en Maree se regshulpverteenwoordiger, me. Eva Nangola, het reeds op 14 September hul sake gesluit. Maree staan tereg op 40 klagte van onder meer verkragting en die vervaardiging en verspreiding van pornografie. Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat 34 minderjarige seuns in Windhoek seksueel misbruik het. - Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer