Maree wag op borguitspraak
Die prokureur van die man wat tereg staan op onder meer agt aanklagte van verkragting, het in haar finale betoë gesê die staat se saak is nie so sterk soos wat hulle beweer nie.
Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy 32 jong seuns in Windhoek verkrag en onsedelik aangerand het, het Woensdag weer in die landdroshof in Windhoek verskyn. Tydens die hofsitting het sy verdediging en die staat hul finale betoë gelewer.
Mnr. Johann Maree sal op 22 Oktober uitspraak in sy formele aansoek om borgtog aanhoor.
Maree se regsverteenwoordiger, me. Eva Nangolo, het in haar finale betoë aangevoer die staat het 'n swak saak.
“Dis duidelik uit die staat se getuies en bewyse dat hulle 'n hopelose, swak saak teen die beskuldigde het,” het sy gesê.
Die staatsaanklaer, mnr. Like Phelem, voer egter aan indien Maree skuldig bevind word, sal hy 'n swaar vonnis ontvang.
“Die saak sal geskiedenis in Namibië maak. Ek vermoed hy sal sowat 175 jaar tronkstraf kry indien hy op alle aanklagte skuldig bevind word,” het Phelem in die hof aangevoer.
Volgens Nangola ontken Maree alle aanklagte teen hom en gaan hy onskuldig aan die begin van sy verhoor pleit.
Nangolo het verder aangevoer die staat het nie voldoende bewyse van penetrasie gelewer nie.
“'n Klag van verkragting kan net ingedien word indien daar penetrasie was. Die staat beweer hulle het 17 verklarings van ouers en slagoffers, maar hulle kon nie 'n duidelike geval van penetrasie identifiseer nie.”
Hierop het Phelem gereageer en gesê een van die getuies in die hof het vanuit een van die slagoffers se verklarings gelees wat penetrasie bewys het.
Nangola beweer Maree het die kinders probeer help en is “'n man wat omgee”.
ERNS VAN DIE OORTREDING
Hoewel Nangola erken die aanklagte is baie ernstig, het sy aangevoer niemand kan seker wees Maree het wel die oortredings gepleeg nie.
“'n Beskuldigde is onskuldig tot anders deur 'n hof bewys. Iemand kan ook nie in aanhouding bly om gestraf te word vir 'n oortreding nie. Dis 'n straf by voorbaat ('anticipatory') en word nie deur die wet toegelaat nie.”
Phelem is van mening die erns van die oortreding en die bewyse teen Maree kan 'n faktor wees waarom hy nie hofverrigtinge sal bywoon nie.
Maree het tydens sy getuienis aan die begin van die verhoor gesê hy het geen belang om weg te bly nie.
Hy het in sy getuienis gesê dat openbare belang nie baie gewig in die saak moet dra nie aangesien mense deur die media beïnvloed word.
Phelem het in sy betoë gesê dat openbare belang swaarder moet weeg as die belang van die beskuldigde.
'SWAK GETUIE IN SY EIE SAAK'
Nangolo het gesê Maree is nie die geleentheid gegun om volledige inligting met die hof te deel nie.
Sy beweer dit sou meer regverdig wees as hulle sonder die teenwoordigheid van die publiek en die media, om sodoende die kinders te beskerm, deur die slagoffers se verklarings gegaan het sodat Maree sy weergawe van gebeure kon verduidelik.
Phelem het gesê Maree is aan die begin van die verhoor geleentheid gegun om sy kant van die saak te stel.
“Hy was 'n swak getuie in sy eie saak en het nie die geleentheid benut wat aan hom gegun is nie.”
VOORWAARDES
Nangolo het aan die einde van haar betoë borgtogvoorwaardes voorgestel.
Volgens haar is Maree bereid om borgtog van N$10 000 te betaal, by 'n vriend op 'n plot 5 km buite Groot Aub te woon, nie die land te verlaat nie en een keer 'n week by 'n polisiekantoor in Windhoek aan te meld.
Maree is op 30 April in hegtenis geneem en staan tereg op onder meer agt aanklagte van verkragting, onsedelike aanranding en immorele dade met minderjarige seuns.
Maree bly in aanhouding by die Seeis-polisieselle tot sy volgende hofverskyning.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie