Marco se toewyding werp vrugte af
Gimnastiek
Die 12-jarige Marco Jansen was die individuele uitblinker van die Namibiese artistiese gimnastiekspan wat vroeër vandeesmaand aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele in Pretoria deelgeneem het.
Die byeenkoms is die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie se grootste jaarlikse kompetisie, met nasionale titels wat al die gimnastiekdissiplines op die spel staan.
Jansen, ’n graad 6-leerling by die Primêre Skool St. Andrews, word by die gimnastiekklub Crete deur die gewese nasionale gimnas Morihei Anderson afgerig.
Jansen het maar aan die begin van 2016 met gimnastiek begin, maar sedertdien oefen hy vyf dae per week, vir ’n weeklikse gemiddeld van elf ure.
In Pretoria het hy op vlak 4 vir seuns 11-12 jaar meegeding – sy eerste kompetisie buite die landsgrense – en het goue medaljes in twee van sy items behaal (vloer en sprong) en ook die algehele bronsmedalje losgeslaan.
Verlede jaar, toe hy ’n vlak 3-gimnas was, het hy by die nasionale kampioenskap in Windhoek goue medaljes in vier items (vloer, sprong, rekstok en brug) asook die algehele goue medalje ingepalm.
Die Namibiese artistiese spanlede het almal ’n baie hoë standaard gehandhaaf en die Namibiese Gimnastiekfederasie is trots op almal se harde werk, liefde en toewyding tot die sport.
Die volledige span was:
Seuns: Hamish Phillip, Christian Phillip, Zacheo Jansen van Vuuren, Volker Lensing, Marco Jansen, Immanuel Kooper, Julian Drews, James Milne Cindano.
Meisies: Meghan Jarman, Ueritjua Tjitemisa, Gail-Lee Feris, Cailin Bexuidenhout, Gochane Awaseb, Layla Fernandes, Jocelynn Mungunda, Alessandra Kaura, Alerechia Noabes, Danelle Dorn-Schnirring, Lotte Beulker, Trista Rossouw, Soned van den Berg, Janey Geingos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie