Marcell se groot kans om Bokbreier te beïndruk
Rugby
Owen Kock – Daar is nou wel nie Saterdag ’n Suid-Afrikaanse span betrokke in die Pro14-eindstryd nie, maar vir een Springbok kan dié wedstryd van groot belang wees.
Marcell Coetzee is een van Ulster se staatmakers en behoort as agtsteman uit te draf in die kragmeting met Leinster, die verdedigende kampioen.
Nog ’n Suid-Afrikaner, die heelagter Louis Ludik, is een van Coetzee se spanmaats.
Die eindstryd word in die Aviva-stadion in Dublin beslis en ’n titaniese stryd word verwag.
Coetzee laat weet uit Belfast dis ’n belangrike week vir hom en sy spanmaats in die aanloop tot die eindstryd, veral ná die ontwrigting wat die Covid-19-pandemie vanjaar veroorsaak het.
“Dis altyd ’n voorreg om in ’n eindstryd te kan wees, veral as jy kyk watter uitdagings daar was met Covid-19 en die feit dat ons in die halfeindronde weg van die huis teen Edinburgh moes wen.
“As ’n span voel ons baie trots om ’n geleentheid te kry om vir die Pro14-titel te kan meeding,” sê Coetzee.
Dit gaan sweet en bloed van almal verg om bo uit te kom teen ’n span soos Leinster.
Ulster gaan Saterdag probeer om Leinster se onoorwonne status te beëindig én te verhoed dat hy vir ’n derde jaar opeenvolgend as Pro14-kampioen bekroon word.
“Ons besef Leinster is ’n kampioenspan, sy sukses die afgelope jare spreek vanself, maar as die oorwinning oor Edinburgh ons een ding geleer het, is dit dat ons enige uitdaging met oorgawe sal aanpak.
“Almal in die kamp is so opgewonde oor die uitdaging. Maar, dit gaan sweet en bloed van almal verg om bo uit te kom teen ’n span soos Leinster.”
Hy sê om sukses in die eindstryd te behaal, sal dit belangrik wees dat hul vaste fasette baie goed moet wees en om die geleenthede wat hulle kry in punte te omskep.
“Dan ook die span wat die druk die beste gaan hanteer en groot oomblikke voluit gaan benut, behoort bo uit te kom.”
Die eindstryd bied ook ’n gulde geleentheid vir Coetzee om aan die nuwe Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, te wys dat hy oorgehaal is om diens vir die nasionale span te doen sou hulle hom benodig.
Coetzee (29 jaar, 30 toetse) is verlede jaar op ’n hartseer noot by Bokke weg toe hy twee weke voordat die finale Wêreldbeker-groep aangewys is, sy enkel in die toets teen Argentinië op Loftus Versfeld beseer het en hy ’n operasie moes ondergaan.
“Dit is inderdaad ’n geleentheid. Maar om eerlik te wees, is my fokus vir die week om net 100% gereed te wees vir Saterdag se eindstryd. Dis ’n groot geleentheid en as ’n speler sal jy baie teleurgesteld wees as jy van die veld af kom en jy nie jou beste gegee het vir jou klub nie.
“As dit help dat ek weer ’n geleentheid kry om deel van die Bok-groep te wees, dan is dit ’n bonus. Maar vir eers is my energie en fokus op die eindstryd,” sê Coetzee. – Netwerk24
FOTO
Marcell Coetzee op ’n stormlopie teen Harlequins in ’n Kampioenebeker-wedstryd. Hy sal Leinster se verdedigers oor Saterdag wil besig hou. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie