Marathon om oues se pyn te verlig
Marathon om oues se pyn te verlig

Marathon om oues se pyn te verlig

Tanja Bause
Tanja Bause - In Oktober vanjaar het mnr. Japie Greyvenstein (43) en me. Bettie du Plessis (65) die Hangana-marathon van Swakopmund na Walvisbaai aangepak en voltooi.

Dít om geld vir bejaardes se pynmedikasie in te samel.

Greyvenstein is vyf jaar gelede met osteoartritis gediagnoseer – ’n siekte wat die gewrigte aanval.

“Ek het die spesifieke marathon al nege keer gehardloop en wou hom vir oulaas vir die tiende keer aanpak – al is dit in erge pyn. Dié droom is nou verwesenlik,” het hy gesê.

Du Plessis het die marathon al verskeie kere voltooi en vanjaar was haar laaste keer.

“Ek het gedink ek is klaar, maar ná ek met Japie gesels het en hy my van die fondsinsameling vertel het, het ek besluit om die Hangana-marathon saam met hom aan te pak. Dit was immers vir ’n baie goeie doel.”

Die twee hardlopers het N$6 000 aan die Seniorpark-ouetehuis oorhandig, en het kruideniersware ter waarde van N$3 000 aan die Katutura-ouetehuis geskenk.

“Volgende maand sal ons nog N$3 000 se kruideniersware aan die Katutura-ouetehuis skenk,” het Greyvenstein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A