Maranatha Singers vier eerste dekade
Ter viering van hul tiende bestaansjaar bied die Maranatha Singers ’n uitvoering van hoogstaande klassieke werke aan.
Die Missa Solemnis in C, ook bekend as die Waisenhausmesse, is gekomponeer deur Wolfgang Amadeus Mozart toe hy 12 jaar oud was, in die somer van 1768 in Vienna. Dit was ’n opdragwerk van ’n Jesuïetepriester, vader Ignaz Parhammer, wat Mozart gevra het om die musiek vir die inwyding van die nuwe Weeshuiskerk (Waisenhauskirche) te komponeer, vandaar die naam Waisenhausmesse. Die eerste uitvoering van die werk was op 7 Desember 1768 met ’n koor bestaande uit weeskinders en gedirigeer deur Mozart op die ouderdom van 12 jaar.
Die werk bestaan uit ses dele, naamlik Kyrie, Gloria, Credo, Sanctus, Benedictus en Agnus Dei, en duur ongeveer 40 minute.
Namibiese gehore sal die geleentheid hê om te luister na hierdie eksklusiewe werk wat vir baie jare verlore was as gevolg van ’n katalogiseringsfout. Dit word uitgevoer deur die Maranatha Singers en soliste begelei deur ’n stryk-ensemble, die Namibian Chamber Ensemble, en orrel. Vir die geleentheid is die koor vergroot met koorsangers van plaaslike kore en alle deelnemende musikante is van Namibië.
Die dirigent is Konrad Hildesheimer, oorspronklik van Switserland, en tans ’n onderwyser by die Waldorf-skool in Windhoek. Konrad is ’n befaamde hobospeler en dirigent. Hy het vele noemenswaardige musikale produksies in Switserland gedirigeer.
Die program word aangevul met Mozart se Te Deum Laudamus, twee uittreksels uit Händel se Messias en die Tollite Hostias van Camille Saint-Saëns uit sy Oratorio de Noël, ’n klassieke program wat hierdie konsert die ideale geleentheid maak om die naderende Kersseisoen in te lei.
Uitvoerings vind om 19:30 op Vrydag 13 November en Saterdag 14 November in die Christuskirche plaas. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, koorlede en by die deur. Toegang kos N$100 vir volwassenes en N$50 vir pensionarisse en kinders. Die kontakpersone is Joe Besser by 081 312 2804 en Evy George by 081 255 4072.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie