Mans met N$1,7 miljoen se dwelms by Ariamsvlei vasgetrek
Twee mans onderskeidelik 31- en 34-jaar sal Vrydag in die landdroshof op Karasburg verskyn, nadat hulle na bewering met dagga ter waarde van N$1,7 miljoen betrap is. Volgens die //Kharasstreek se waarnemende woordvoerder vir die Namibiese polisie, hoofinspekteur Douglas Hanse, is die twee mans vanoggend omstreeks 00:44 by die weegbrug op Ariamsvlei vasgetrek.
Die dwelms is gevind nadat die vragmotor waarin hulle insittendes was, deur die polisie deursoek is. Die polisie het twee groot swart sakke met die dwelms in die vragmotor gevind. - Nampa
Die dwelms is gevind nadat die vragmotor waarin hulle insittendes was, deur die polisie deursoek is. Die polisie het twee groot swart sakke met die dwelms in die vragmotor gevind. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie