Mans breek by brouery in
Lid van die weermag sterf in 'n motorongeluk in die Enyana-nedersetting naby Okongo.
Twee mans het Sondag om 05:00 by die Namibia Breweries Ltd (NBL) in die noordelike nywerheidsgebied ingebreek, lui die polisie se misdaadverslag.
Die mans het na bewering die grensheining geknip en een van die pakhuise binnegegaan waar hulle kaste bier gesteel het. 'n Veiligheidswag het glo die verdagtes betrap en hulle het vyf kaste bier laat val en op die vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die woordvoerder van die Ohlthaver & List (O&L)-groep, me. Roux-Ché Locke, het die voorval bevestig en gesê geen verdere inligting is tans beskikbaar nie en die ondersoek duur voort.
'n Onbekende aantal verdagtes het Saterdag om 00:10 by 'n huis in Khomasdal ingebreek. Hulle het glo 'n 53-jarige vrou met 'n vuurwapen aangehou en 'n televisiestel, drie selfone en N$1 850 in kontant gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Huishoudelike items ter waarde van N$54 000 is glo die naweek uit 'n huis op Ongwediva gesteel. Die eienaar was nie by die huis nie. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Verdagtes toegerus met 'n wapen, metaalstaaf en 'n mes het na bewering Sondag om 21:00 by 'n huis in Otjomuise oor die draad geklim en toegang deur die voordeur verkry. Hulle het die inwoners aangehou en vier selfone en beursies ter waarde van N$7 500 gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.
ONGELUKKE
'n Lid van die Namibiese weermag in Grootfontein, mnr. Simon Hamukoto (48), is Sondag om 07:30 in die Enyana-nedersetting naby Okongo in 'n ongeluk dood. Na bewering het Hamukoto 'n bakkie met 'n sleepwa met vyf beeste in, bestuur.
Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Hy is dood verklaar met sy aankoms by die staatshospitaal op Okongo. Een van die passasiers het kopwonde opgedoen terwyl nog 'n passasier geen beserings het nie.
Die negejarige Tate-Okwati Mathias het Sondag om 10:30 van 'n sleepwa afgeval, sy kop op die grond gekap en op die toneel beswyk. Die voorval het op die plaas Abbabis in die Karibib-omgewing plaasgevind. Na bewering het sy pa 'n onpadwaardige bakkie met 'n sleepwa bestuur om water te gaan haal. Sy twee seuns het agter op die sleepwa gesit en die jongste een het op pad huis toe afgeval.
DWELMS
Die afgelope naweek is sewe Namibiërs en een Suid-Afrikaanse man onderskeidelik 17, 20, 28, 29, 33, 37, 38 en 62 jaar oud vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.
Hulle is in die Erongo-, Khomas- en ||Kharasstreek in hegtenis geneem. Die gesamentlike waarde van die crack-kokaïen, Mandrax-tablette en dagga is N$337 050.
FETUS
'n Verbyganger het Saterdag om 10:00 'n fetus in 'n asdrom agter die Katolieke kerk in die Damara-woonbuurt in Katutura gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie