Mannetti begin met groep teen Botswana
Sokker
Die Brave Warriors se hoofafrigter, Ricardo Mannetti, het 28 spelers opgeroep om Namibië in ’n internasionale vriendskaplike wedstryd teen Botswana te verteenwoordig wat vir 30 September in Gaborone geskeduleer is.
Mannetti het gister by die aankondiging by Sokkerhuis in Katutura gesê dit is belangrik om die plaaslik gebaseerde spelers wedstrydtyd te gee voordat die nasionale span in Oktober tuis en weg teen Mosambiek in die kwalifiserende reeks vir die 2019 Afrika Nasiebekertoernooi moet speel.
“Ons het ook meer o.23-spelers as tevore ingesluit, om hulle voor te berei op die Olimpiese kwalifisering wat in November begin. Sommige van hulle kan selfs speelkans kry.”
“Teen Botswana is nie drie punte op die spel nie; ons kan nie kwalifiseer deur Botswana te klop nie. ’n Oorwinning is dus van sekondêre belang – ons mikpunt is om teen Mosambiek en Guinee-Bissau goed te speel,” het Mannetti verduidelik.
Die afrigter sê die Botswana-wedstryd bied Namibië se enigste vriendskaplike kompetisie voor sy Afcon-uitdunwedstryde. “Die fiksheid van ons plaaslike spelers is ewe belangrik as diegene wat by klubs in die buiteland speel, want ons plaaslike liga het nog nie begin nie.”
Die groep van 28 spelers sal later tot 20 ingeperk word en bestaan uit Ratanda Mbazuvara, Uzuva Tjimune, Abel Amenenge, Larry Horaeb, Vitapi Ngaruka, Emilio Martin, Donovan Kanjaa, Kennedy Eib, Charles Hambira, Lubeni Haukongo, Aprocious Petrus, Baloyi Tsandib, Brandon Neibeb, Pandeni Kandjabanga, Benyamen Nenkavu, Ronald Ketjijere, Marcel Papama, Anthony Kham, Romeo Kasume, Hiha Katjivena, Petrus Shitembi, Absalom Iimbondi, Lucky Heita, Muna Katupose, Sadney Urikhob, Jandja Maharero, Brendon Katoungondo en Rivaldo Festus. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie