Manjifieke Eagles!
Die vegtende oorwinning gister het die kans op verdere deelname teen die werklike grotes van die sport lewendig gehou.
Tielman van Lill – Die 36-jarige David Wiese het met ’n heldhaftige kolfvertoning die Namibiese Eagles gister na ’n uitstekende sege met sewe paaltjies teen Nederland gelei, om die land se eerste Wêreldbekerwedstryd in sy geskiedenis te wen en hul aanspraak op kwalifisering vir die Supertwaalffase van die T20 Wêreldbeker lewendig te hou.
Kaptein Gerhard Erasmus se manne het met 166/4 in 19 boulbeurte hul hoogste teiken in enige internasionale T20-wedstryd suksesvol gejaag – wat ná hul flouerige kolftotaal van 96 in die openingsnederlaag teen die gedugte Sri Lanka, en Nederland se 164/4 in 20 boulbeurte, allermins soos ’n uitgemaakte saak gelyk het.
Die Eagles, wat gekies het om eerste te boul, het by die Sheik Zayedstadion in Abu Dhabi tydens die kragspel (eerste ses boulbeurte) goed gevaar om Nederland tot 45/1 (tempo 7.5) te beperk. Die algehele veldwerkvertoning was egter nie op die Namibiërs se gebruiklike hoë standaard nie en die Europeërs se totaal kon veel laer geëindig het.
In die volgende ses boulbeurte voeg hul teenstanders 41 (6.83 per boulbeurt) by om ná 12 boulbeurte op 86/2 te staan wat op ’n beraamde totaal van 172 sou dui.
In boulbeurte 13 tot 18 versnel Nederland teen gemiddeld nege lopies per boulbeurt om 54 by hul totaal vir 140/3 te voeg. Hulle rond dit in die laaste twee met ’n verdere 24 af om ná 20 boulbeurte op 164/4 te eindig.
Jan Frylinck, wat teen 133 kilometer per uur goed geboul het, het in die sesde boulbeurt die paaltjie van Stephan Myburgh (17 lopies, 16 balle, 2x4) met ’n slim stadiger aflewering laat val toe Stephen Baard die lughou raakgevat het om sy en Max O’Dowd se vennootskap op 42 te stuit.
Roelof van der Merwe (6 van 4 b), die voormalige Protea-speler, is op nommer drie ingestuur, maar het nie lank gestaan nie. Hy is deur Bernard Scholtz van David Wiese se tweede aflewering in die agtste boulbeurt uitgevang om sy span op 55/2 te rem.
O’Dowd en Colin Ackermann op vier (35 van 32 b, 1x4 1x6) slaan ’n 82-vennootskap in tien beurte voordat Gerhard Erasmus vir Ackermann van Frylinck se vierde bal in die 18de boulbeurt uitvang (137/3).
O’Dowd het in die 17de boulbeurt op 68 oorleef toe Baard hom laat val het. Genadiglik kon hy net twee lopies by sy totaal (70 van 56 b, 6x4, 1x6) voeg voordat hy in die laaste boulbeurt ’n tweede lopie gewaag en deur Gerhard Erasmus uitgehardloop is (157/4). O’Dowd het twee dae tevore teen Ierland ook ’n vyftigtal behaal.
Ruben Trumpelmann en Wiese het die laaste twee duur boulbeurte afgestuur wat onderskeidelik tien en 14 gekos het.
Vir die Eagles het Frylinck (2/36 in 4) en Wiese (1/32 in 4) sukses as boulers gehad. JJ Smit (0/28 in 4) het met tye 135 km/h geboul en was die goedkoopste, gevolg deur Scholtz (0/31 in 4) en Trumpelmann (0/32 in 4).
EAGLES-KOLFBEURT
Met Stephen Baard en Zane Green voor die penne, moes Namibië met 41/1 in die kragspel net-net die knie buig. Green is op 15 (12 b, 3x4) been voor paaltjie deur Fred Klaasen in die vyfde boulbeurt betrap.
Craig Williams op drie (11 van 13 b, 1x4, geboul Ackermann) en Baard (19 van 20 b, 3x4, geboul Pieter Seelaar) volg kort op Green se hakke vir 52/3 in die negende boulbeurt.
Met Erasmus en Wiese as kolwers nommer vier en vyf het die Eagles se kolfbeurt nuwe woema gekry. Die paar se vennootskap van 93 lopies teen 10.95 in 8.5 boulbeurte was die keerpunt wat die skaal in Namibië se guns geswaai het, voordat Erasmus (32 van 22 b, 4x4, 1x6) deur Scott Edwards, die paaltjiewagter, uitgevang is (145/4 in die 17de).
Smit op ses het hom by Wiese gevoeg wat toe reeds sy vyftigtal van net 29 balle geblits het.
In die laaste twee boulbeurte het die Eagles (150/4) nog 15 lopies benodig vir ’n sege waarvan die land sedert sy laaste, onsuksesvolle verskyning by die 2003 eendag-Wêreldbeker nog net kon droom.
In die 19de verseël Smit (14* van 8 b, 2x4) met ’n grenshou hul 16 lopies vir die boulbeurt en die sege met ses paaltjies (8.73 per boulbeurt).
Wiese met 66* (40 b, 4x4, 5x6) was manjifiek. Twee van sy sesse met reguit dryfhoue oor die bouler se kop het ’n allemintige 92 en 96 meter ver grondgevat en hy was ooglopend die speler van die wedstryd wat die totale gang van die spel soos handomkeer verander het.
“Dit voel wonderlik, om eerlik te wees. Dis bitter warm daar buite en ons het baie gehardloop. “Ons was gelukkig om net voor die breek vir die koeldrankies ’n groot boulbeurt te kry om die momentum aan die gang te sit. Daarna moes ons net die regte balle kies. Ons het probeer so goed kolf as wat ons kan.
“Vir my beteken dit baie – ’n Wêreldbeker op die internasionale verhoog is spesiaal en ook om ’n groot vertoning vir Namibië te lewer. Ek is bly om weer hierdie geleentheid vir internasionale krieket te kry,” het die gewese Suid-Afrikaanse Proteasspeler agterna gesê.
Die Eagles het 17 viere en ses sesse grenstou toe gejaag, terwyl Nederland net 12 viere en drie sesse kon bêre.
Die puntestand (voor gisteraand se uitslag tussen Sri Lanka en Ierland):
GROEP A: 1 Sri Lanka 2 punte ná 1 wedstryd (netto lopietempo 2.607), 2 Ierland 2 ná 1 wedstryd (1.755). 3 Namibië 2 ná 2 wedstryde (-1.163), 4 Nederland 0 ná 2 wedstryde (-1.240).
GROEP B: 1 Skotland 4 ná 2 wedstryde (0.575), 2 Oman 2 ná 2 wedstryde (0.613), 3 Bangladesj 2 ná 2 wedstryde, (0.500), 4 Papoea-Nieu-Guinee 0 ná 2 wedstryde (-1.867).
Namibië sal in alle waarskynlikheid steeds môre sy wedstryd teen Ierland (12:00) moet wen om na die groter geselskap van die Supertwaalf te vorder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie