Manchester-aanval: 16 gearresteer
Brittanje
Britse polisie het Maandag gesê hulle het 'n 16de persoon in verband met verlede week se selfmoordbomaanval in Manchester in hegtenis geneem. Die 23-jarige man is in Shoreham-by-Sea in Sussex aangekeer, het die Groter Manchester-polisie op Twitter gesê. Altesaam 14 mense is in aanhouding in verband met die aanval waarin 22 mense dood is. Twee van die 16 is ná ondervraging vrygelaat. Vyftig pasiënte word steeds in hospitale behandel vir beserings wat hulle in die aanval opgedoen het. Van hulle is 17 in die intensiewesorgeenheid, het gesondheidsowerhede in Engeland gister gesê. Polisiebeamptes staan wag buite 'n afgekordonde woning in Manchester. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie