Man wat glo kleindogter verkrag pleit onskuldig
’n Bekende in die Walvisbaai-gemeenskap, wat daarvan beskuldig word dat hy sy 13-jarige kleindogter verkrag het, het verlede week onskuldig gepleit.
Leandrea Louw op Walvisbaai
'n 67-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 13-jarige kleindogter verkrag het, het Donderdag in die landdroshof op Walvisbaai onskuldig gepleit.
Hy staan tereg op drie klagte van verkragting. Die slagoffer se naam sal nie bekend gemaak word nie om die identiteit van die minderjarige te beskerm.
Die bekende in die Walvisbaaise gemeenskap word daarvan beskuldig dat hy tussen Maart en November 2020 die minderjarige meisie verskeie kere verkrag het.
Die beskuldigde is in Desember 2020 in hegtenis geneem nadat die slagoffer 'n vriendin van die beweerde verkragtings vertel het. Die vriendin het haar aangeraai om 'n onderwyser te vertel wat toe die polisie genader het.
Die beskuldigde se prokureur het voor landdros John Sindano verskyn en gesê sy kliënt pleit volgens sy instruksies.
“Die verdediging sal tans geen besonderhede verskaf nie. Alles sal tydens die verhoor bekend gemaak word. Die beskuldigde behou sy reg om getuies te roep om sy verdediging te ondersteun. Die beskuldigde stel Lorentz Angula Incorporated aan om hom te verteenwoordig,” lui die hofstukke.
Die beskuldigde is voorheen deur mnr. Ray Rukoro van ENS Africa Namibia verteenwoordig.
Die versoek van die staatsaanklaer Annakleta Kandjimi dat die saak tot 23 Junie uitgestel word vir 'n beslissing deur die aanklaer-generaal is toegestaan.
Die beskuldigde het verlede maand om borgtog aansoek gedoen en dieselfde landdros het sy versoek geweier.
Die beskuldigde bly in aanhouding.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie