Man verkrag glo twee seuntjies
’n Man is in hegtenis geneem ná hy betrap was terwyl hy glo ’n 14-jarige meisie verkrag het.
Volgens ’n polisieverslag is Sondag drie voorvalle van verkragting dwarsoor die land aangemeld.
’n 36-jarige man is glo in hegtenis geneem nadat hy twee seuntjies verkrag het. Die ses- en agtjarige seuntjies was na bewering omstreeks 18:00 by die plaas Naute Dam naby Keetmanshoop verkrag.
• By die Vyfrandkamp informelde nedersetting op Okahandja is ’n 55-jarige vrou omstreeks 17:00 glo in haar huis verkrag.
“Dit word beweer dat die vrou in haar kamer geslaap het toe die ongeïdentifiseerde verdagte sonder haar toestemming met haar seksuele omgang gehad het,” lui die verslag.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
• ’n 26-jarige man het na bewering ’n 14-jarige meisie verkrag. Die voorval het glo omstreeks 17:00 by Farm Omburu in die Outjo-omgewing plaasgevind.
“Die verdagte was op heterdaad betrap en is later in hegtenis geneem,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie