Man vas wat glo 5 van sy familielede vermoor
Ronelle Rademeyer
Die polisie op Rundu was gistermiddag in die Ndama-woonbuurt op 'n moordtoneel waar die lyke van vyf lede van 'n familie, onder wie drie kinders, die oggend gevind is.
Adj.komm. Bonifatius Kanyetu, die koördineerder van misdaadondersoeke in Kavango-Wes, het die voorval bevestig en gesê weinig is nog bekend oor die grusame familiemoord wat tussen Saterdag en gisteroggend plaasgevind het.
Wat hy wel kon bevestig, is dat 'n man vermoedelik op die vlug geslaan het nadat hy na bewering sy ouma, sy ma en sy suster se drie seuns vermoor.
'n Pik is op die toneel gevind en die vermoede bestaan dat dit die moordwapen is, het Kanyetu by navraag aan Republikein gesê.
“Ons is besig met die ondersoek en soektog na die verdagte. Baie min inligting kan in hierdie stadium bekend gemaak word.”
Hy het Republikein later ingelig dat die vlugtende man deur die polisie by Masiri aangekeer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie