Man vas vir moord op vrou
Henriette Lamprecht
Die polisie het 'n man vasgetrek vir die moord op 'n vrou wie se halfnaakte lyk Dinsdagoggend in 'n rivierbedding in Windhoek gevind is.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, verskyn die man vandag in die landdroshof in Windhoek op 'n aanklag van moord.
Kanguatjivi het die vrou as die 31-jarige Theresia Pieterse geïdentifiseer. Pieters se lyk is omstreeks 08:00 deur 'n verbyganger gevind waar sy op haar maag in 'n poel water in 'n rivierbedding gelê het. Sy het net 'n T-hemp aangehad en haar langbroek, onderklere, skoene en oorbelle is in 'n bondel ook in die rivierbedding gevind.
'n Veiligheidswag by 'n sakeperseel naby die misdaadtoneel het Pieterse na bewering Maandagaand saam met 'n man die perseel sien ingaan. Hulle het 'n uur later die perseel verlaat en was na bewering in 'n argument betrokke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie