Man vas oor ietermagogs, ivoor
Man vas oor ietermagogs, ivoor

Man vas oor ietermagogs, ivoor

Francoise Steynberg
// MK testing tag 'n Dertigjarige man is gisteraand met twee lewende ietermagogs, een ietermagôvel en twee olifanttande in sy besit by Ndiyona in die Kavango-Oosstreek vasgetrek.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se waarnemende koördineerder van misdaadondersoeke in dié streek, hoofinsp.Melanie Mbuuru, is die verdagte omstreeks 21:20 in hegtenis geneem ná 'n gesamentlike operasie van lede van Nampol en die ministerie van die omgewing en toerisme.

Die verdagte is tans in aanhouding in die Ndiyona-polisiekantoor en hy sal na verwagting môre in die Rundu-landdroshof op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildpprodukte verskyn. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer