Man vas 24 uur ná hy vyf doodskiet
‘Was soos ’n zombie’ tydens inhegtenisneming
Die man wat Saterdagoggend (Namibiese tyd) in ’n winkelsentrum in Burlington in die Amerikaanse deelstaat Washington, vyf mense doodgeskiet het, is gisteroggend deur die polisie aangekeer.
Volgens sers. Mark Francis, polisiewoordvoerder, het die aanvaller, nou geïdentifiseer as die 20-jarige Arcan Cetin, op die vlug geslaan voordat polisie op die toneel aangekom het. Die sentrum, die Cascade Mall, is ontruim.
Vier vroue is in die sentrum noodlottig gewond. ’n Man wat ook getref is, het later in ’n hospitaal aan sy wonde beswyk.
Nooddienste het kort na die voorval ’n foto van die skieter uitgereik. Cetin, van Oak Harbour, Washington, is in die vroeë oggendure by sy huis in hegtenis geneem, sowat 48 km van die toneel waar hy met ’n jaggeweer op mense losgebrand het.
Hy was “soos ’n zombie” toe hy in hegtenis geneem is, het die polisie Sondag bevestig. Hy was ongewapen en het homself nie teëgesit toe op sy huis toegeslaan is nie.
Die polisie sê dis in die stadium onbekend wat die motief vir die aanval is. Niks word buite rekening gelaat nie, insluitende die moontlikheid dat die skietery ’n daad van terrorisme is.
Cetin is ’n gebore Turk, maar beskik oor Amerikaanse burgerskap.
Beelmateriaal van die voorval, soos vasgelê deur sekerheidskamera''s, wys hoe Cetin skynbaar ongewapen by die sentrum instap. Later kan hy wel met die vuurwapen in sy hande gesien word. Die wapen is na die tyd in die sentrum gevind.
Die slagoffers se ouderdomme wissel tussen die tienerjare en ’n vrou in haar middel-negentigs. ’n Ma en dogter het ook in die aanval gesterf.
Die aanval volg skaars ’n week nadat ’n man nege mense met ’n mes in ’n winkelsentrum in St. Cloud, Minnesota gesteek het. Die aanvaller is deur polisiebeamtes op die toneel doodgeskiet.
- Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie