Man val reaksievoertuig aan
Man val reaksievoertuig aan

Man val reaksievoertuig aan

Die vermoedelik versteurde boemelaar stap glo gereeld met 'n winkeltrollie rond.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Vermoedelik versteurde ­boemelaar het Vrydagaand 'n reaksievoertuig van Homestar Security in Klein Windhoek aangeval deur die ruit met 'n knopkierie stukkend te slaan en daarna die twee­rigtingradio uit te pluk.

Mnr. PW van Jaarsveld, reaksiebestuurder by dié sekuriteitsmaat­skappy, sê die voorval het omstreeks elfuur by 'n toegeeteken in Barellastraat gebeur.

“Een van ons reaksievoertuie het 'n huis besoek waar 'n alarm afgegaan het en ek het met my voertuig ook daarheen gery. Nadat ons seker gemaak het alles is reg by dié huis, het ek met my bakkie agter die reaksievoertuig aangery in die rigting van die Puma-vulstasie in Nelson Mandelarylaan.”

Van Jaarsveld sê by die toegeeteken in Barellastraat het hy gesien hoe 'n man skielik die reaksievoertuig se windskerm en die venster van die linkervoordeur met 'n voorwerp stukkend slaan.

Toe die sekuriteitswag in die voertuig na die tweerigtingradio gryp om hulp te ontbied, het die aanvaller in die voertuig ingeleun en die radio uitgepluk.

Van Jaarsveld sê hy het intussen stilgehou en uitgespring en die man het hom met 'n klip onder sy knie gegooi. Toe hy op die grond val, het die man hom met 'n skerp voorwerp aangeval.

“Ek het gelukkig 'n koeëlvaste baadjie aangehad en nie seergekry nie.” Hy sê hy kon daarin slaag om 'n waarskuwingskoot af te vuur, waarna die man weggehardloop het.

Hy en die sekuriteitswag het agter die aanvaller aangehardloop en hom agtervolg toe hy met die Klein Windhoekrivier langs gevlug het. By Von Eckenbrecherstraat het iemand op 'n vierwielmotorfiets gesien wat gebeur en ook probeer om die man in die rivierbedding aan te keer.

Uiteindelik het die polisie opgedaag en die man is gearresteer.

Van Jaarsveld sê die man praat Afrikaans, Engels en Portugees en is in sy laat veertigs.

Hy sê hulle is na die Klein Windhoek-polisiekantoor waar 'n klag van opsetlike saakbeskadiging teen die man aanhangig gemaak is.

“Die polisie sê hulle ken die man. Hy stap glo gereeld in die dorp met 'n winkeltrollie rond waarin allerhande goed gepak is.”

Van Jaarsveld sê dit wil voorkom of die man versteurd is, want toe hy hom vra waarom hy die reaksievoertuig aangeval het, het hy gesê omdat dié voertuig “sy kar gestamp het”.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.61 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.24/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0146 | Zinc US$ 2 897.50/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.029 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +1.84% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.61 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.24/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0146 | Zinc US$ 2 897.50/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.029 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +1.84%