Man sterf toe ambulans bots
Man sterf toe ambulans bots

Man sterf toe ambulans bots

Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Passasier in 'n private ambulans is Maandag omstreeks 11:00 in 'n ongeluk dood nadat die ambulans teen 'n boom gebots het.

Volgens die woordvoerder van die ­Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, is die bestuurder en nog twee passasiers met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die ongeluk het op die hoek van Manduma Ndemufayorylaan en Parsi­valstraat gebeur. Die ambulans het in 'n noordelike rigting in Mandume Ndemufayorylaan gery toe 'n voertuig glo teen 'n hoë spoed onverwags regs in Parsival­straat ingedraai het. Die bestuurder van die ambulans het 'n botsing probeer vermy, maar het die randsteen getref.

Die agterste band het gebars waarna die ambulans teen 'n boom aan die regterkant van die straat vasgery het.

Een passasier is weens die impak van die ongeluk op die toneel dood en die ander drie insittendes is erg beseer.

Pogings om die oorledene se naam te bevestig, was teen druktyd onsuksesvol.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer