Man sterf ná val op konstruksieperseel
Mnr. Walter Shiweda (31), ’n werker van Nghede Construction CC, het glo Saterdag omstreeks 08:50 by die Namagra-konstruksieperseel op Karibib geval en later aan sy beserings beswyk.
Shiweda en ’n medewerker is volgens die polisie van die Erongostreek binne ’n drahok van ’n hystoestel na die dak van die fabriek opgehys om die relings skoon te maak. Hul veiligheidsgordels was glo vasgemaak.
“Na bewering het Shiweda uit die hok geklim om die relings skoon te maak en terwyl hy besig was, het sy voet gegly en hy het sy balans verloor. Dit het daartoe gelei dat die hok van die hystoestel losgekom en met sy kollega na benede getuimel het,” sê die polisie.
“Shiweda het op die grond geval en ernstige kopbeserings opgedoen nadat hy vermoedelik nie ’n veiligheidshelm gedra het nie.”
Sy kollega is ongedeerd.
Volgens die polisie is Shiweda met ’n staatsambulans na die Karibib-staatskliniek geneem en daarna na die Usakos-staatshospitaal vir verdere behandeling waar hy omstreeks 16:15 gesterf het.
Die oorledene se liggaam sal na die Walvisbaaise lykshuis vir ’n nadoodse ondersoek geneem word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie