Man sterf ná Covid-19-inenting
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wag op die uitslag van ’n ondersoek om te bepaal of ’n entstof teen Covid-19 bygedra het tot die dood van ’n 62-jarige man enkele ure nadat hy sy eerste dosis Maandag in Windhoek ontvang het.
Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, is die man soos ingevolge die prosedure voor die toediening volledig geëvalueer voordat hy die entstof ontvang het. Protokol is ook ná die toediening van die entstof gevolg vir die waarneming van die pasiënt voordat hy toegelaat is om huis toe te gaan.
“Die waarneming het geen simptome of tekens van die teenwoordigheid van enige nadelige gebeurtenisse ná inenting (AEFI) getoon nie,” het Nangombe gesê.
Die man het ná die vereiste waarnemingstydperk huis toe gery. Volgens Nangombe het hy ’n tyd nadat hy by die huis aangekom het aan familielede gesê hy voel onwel.
Hy is na ’n hospitaal vir mediese aandag geneem, waar ’n ondersoek getoon het sy bloeddruk was baie hoog en sy polsslag en suurstofversadiging het tot onder die normale vlakke gedaal.
“Die behandelingspan het onmiddellik die gepaste behandeling toegepas, wat intubasie en resussitasie insluit.”
Nangombe sê die man het tekens van verbetering getoon, maar kort daarna het sy toestand versleg en om 13:33 is hy dood verklaar.
Volgens hom is ’n ondersoek reeds van stapel gestuur om die werklike oorsaak van sy dood te bepaal.
“Die ministerie sal die nasie oor die uitslag van die ondersoek inlig.”
Nangombe het beklemtoon die voorval moet nie die publiek daarvan weerhou om aan die landwye immuniseringsveldtog teen Covid-19 deel te neem nie. Volgens hom weeg die voordele van inenting swaarder as enige potensiële risiko.
Nangombe het namens die ministerie sy medelye met die man se familie uitgespreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie