Man sterf in ongeluk op Sesriem-Solitaire-grondpad
’n Man is Woensdagaand dood, nadat hy beheer oor sy voertuig op die C19-grondpad tussen Sesriem en Solitaire verloor het.
Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay het die ongeluk omstreeks 20:30 plaasgevind.
“Na bewering het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Die bestuurder is opslag dood, terwyl die passasier ernstig beseer is,” het Clay gesê. Volgens hom is die passasier na die St. Mary’s-hospitaal op Rehoboth vervoer. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie