Man sterf in ongeluk buite Keetmanshoop
'n Man wie nog nie geïdentifiseer is nie, het gister in 'n ongeluk sowat 80 kilometer buite Keetmanshoop gesterf, nadat sy voertuig teen 'n aankomende vragmotor gebots het. Volgens die Namibiese streeksbevelvoerder vir die //Kharasstreek, komm. David Indongo, het die ongeluk omstreeks 15:15 op die Keetmanshoop-Grünau B1-pad plaasgevind.
Volgens Indongo was die oorledene vanaf Karasburg na Keetmanshoop in 'n sedanvoertuig onderweg, terwyl die vragmotor vanaf Keetmanshoop in die rigting van Suid-Afrika onderweg was.
"Na bewering het die vragmotor in die middel van die pad gery en so die botsing veroorsaak. Die bestuurder van die sedan het op die toneel gesterf. Die vragmotorbestuurder het nie enige beserings opgedoen nie," het hy gesê.
'n Saak van strafbare manslag is teen hom geopen. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie