Man sterf by Sesriem
Denver Kisting – ’n 42-jarige man is tussen 23:00 en middernag gister op die grondpad tussen Sesriem en Maltahöhe dood.
Adj.komm. Eric Clay, die misdaadkoördineerder van die Hardapstreek, sê die man het glo beheer verloor oor die sedan, waarin hy en twee passasiers gery het.
Die voertuig het die pad verlaat en omgeslaan.
Dié ongeluk het volgens Clay sowat 40km buite Sesriem plaasgevind.
Clay sê die man het op die toneel aan sy wonde beswyk terwyl die twee vroulike passasiers, wat onderskeidelik 17 en 20 jaar oud is, ongedeerd is.
Republikein weerhou die identiteit van die oorledene tot sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie